Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Die gestaltes wat in ons aanwesig is. Wording van ’n bleek Afrikaan deur Frik de Beer: ’n lesersindruk

Amanda Swart Lesersindrukke 2024-08-20

"Omdat [die boek] uit vandag se perspektief geskryf is, dinge grotendeels verwerk is en afsluiting oor sekere dinge verkry is, is dit die postkoloniale perspektief wat opval: Ons het nie tóé geweet nie en die nawete is verdoemend. En wat het ons nie gedoen nie!"

Wat sê Bettina? deur Bettina Wyngaard: ’n proe-proe lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-08-14

"Alhoewel die skrywer reg aan die begin van haar boek sê dat as sy sommige stukke vandag sou skryf, sy dit dalk anders sou benader, dink ek dis nogtans nodig dat ons almal – wit en swart Suid-Afrikaners – dit lees soos wat dit is."

Die mens agter die skrywer: ’n lesersindruk van Piet van Rooyen se Die rooi boks

Pierre Massyn Lesersindrukke 2024-08-14

"Saam met ’n oerjagter kan jy vry oor die vlaktes sweef en by die kampvuur die groot murgbene saam met hom leegstamp. Miskien sal hy jou laat deel in die geheime van sy rotskuns, miskien sal jy tog Die Waarheid vind. Klim op ruimtetuig Rooi boks."

Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-08-06

"In Gif waag hulle om oor sportaanvullings te skryf – en nie dit wat jy oor die toonbank kan koop nie. Sommige mense mag dink dat hierdie onderwerp nie realisties is in die lewe van tieners nie. Die skrywers het egter baie goed navorsing gedoen hieroor en dit is vandag ’n harde werklikheid, veral waar ouers genoeg of te veel geld het en kinders gedruk word vir bomenslike prestasies."

Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2024-08-05

"Die Spele wat onthou sal word as die een waar sommige hekwagters dit taboe verklaar het om antieke mites en verhale op ’n speelse manier nuut en vars te herinterpreteer. Lätti doen in Taboek presies dieselfde met bybelse mites en verhale uit die antieke tyd."

Die waarheid lê in Niemandsland deur Erika Dykes: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-08-05

"Hierdie verhaal is in detail geskryf – verwoesting, die lewe in ’n konsentrasiekamp, die dood van kinders en interessante geskiedkundige feite."

Kortliks met Stefaans: 22 Julie 2024

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-07-22

"Wat vir my die meeste – selfs bo die lekker intrige – uitgestaan het, is die skrywer se sigbare skryfstyl."

Jopie Fourie: ’n besinning deur Albert Blake: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2024-07-19

"Dit is ’n deeglike besinning. Blake verheerlik niemand nie en hy verdoem niemand nie. Hy stel die historiese feite onbevange voor en beoordeel dit deeglik."

Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk

Bester Meyer Lesersindrukke 2024-07-18

"’n Groot deel van die inhoud van die boek wentel om 'god' (met ’n klein letter), die goddelike, dogma en teologie wat in ’n verstaanbare spreektaal sonder fênsie literêre tierlantyntjies bespreek word in digvorm. Dit kan deur almal gelees en verstaan word."

A love letter to Long Street: A reader’s impression

David Willers Books and writers 2024-07-09

"Meintjes devotedly nurses his grape and malt, the pool table and his favourite bars, while around him the grand spectacle of life unfolds, and the stoicism of Long Street is revealed on a nightly basis."

Kortliks met Stefaans: 1 Julie 2024

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-07-01

"Hierdie skrywe is nie resensies nie – dit is ’n in-die-hand-stop, asof ek jou in Bargain Books raakloop en sê: 'Lees dit!'"

As stilte praat deur Kobie Lötter: ’n Lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-07-01

"Stilte is vir Kobie niks vreemds nie. Tydens sy kinderjare op ’n Vrystaatse plaas waar hy grootgeword het, het hy geleer om ingestem te luister."

Leer om te vergewe met ’n blikkie samboksalf: ’n lesersindruk van Alene Mari Holder se jeugroman Samboksalf en ’n draaktraan

Irene Schoonwinkel Lesersindrukke 2024-06-28

"Dit is pret om al hoe meer oorspronklike Afrikaanse fantasieverhale op die boekwinkels se rakke te sien."

Marked by Gillian D’achada: reader impression

Christien Neser Books and writers 2024-06-18

"Teachers who have used Sharkey in their classes will feel very comfortable moving on to Marked. It is a solid classroom reader. It has enough flesh on the bone to tick all the boxes of the curriculum, while offering the children a fast-paced, enjoyable read."

Flight of the dancer by Lisa Lazarus: a reader’s impression

Isabel Hofmeyr Books and writers 2024-06-11

"Indeed, the book is richly rooted in the textures, sights and sounds of the city in the ’70s and ’80s. Whether it is bell-bottoms, Salusa 45, dwarves in Orange Grove gardens, Abdullah Ibrahim, student parties at Crown Mines, Bob Dylan, Beyers Naudé, MacGyver or The jewel in the crown, the book provides details which will trigger memories for anyone who experienced those years."

Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana, 1977–1994 deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk

André Wessels Lesersindrukke 2024-06-11

"Vertellings uit die vergetelheid: Die opkoms en val van Bophuthatswana na 1977–1994 is in ’n leesbare styl geskryf, bevat talle grafieke, tabelle en foto’s, en ontruk inderdaad ’n stuk (grootliks) vergete (en gediskrediteerde) geskiedenis aan die vergetelheid."

Al wat tel deur Irma Venter: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-05-31

"Toe Ami by die misdaadtoneel aankom, weet sy dis nie ’n gewone misdaadtoneel nie. Want hoekom is die Valke daar?"

Nog lesersindrukke en idees oor genres wat ’n versadigingspunt bereik

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-05-27

"Soos enige ywerige leser is ek heeltyd op soek na nuwe stemme, maar dan verwag ek dat daardie nuwe stemme my asem moet wegslaan. Dit is hoe ’n genre groei."

A reader’s review of Kirkus-starred The assays of Ata by KIS

Lynette Schultz Books and writers 2024-05-27

"This novel, the first in a trilogy, sets the stage for an exciting and thrillingly heroic tale of love and loss, family relationships and the consequences of war – both glorious and not."

Sy is veilig deur Emma van der Walt: ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2024-05-23

"Emma is die stigter van die organisasie Brave to love. Sy is beeldskoon en laat my dink aan Sneeuwitjie, met haar donker hare en wit vel. Sy is ook ’n pastoor, ma en eggenoot. Dit is moeilik om die werk wat sy doen, met haar foto op die agterkant van die boek te vereenselwig. Die woord brave is egter nie om dowe neute die eerste woord van haar organisasie se naam nie."

Top