Teater

Teater-rubrieke, -resensies en -onderhoude
Theatre columns, reviews and interviews

Soveel meer in Elle Amor

Albert Maritz 2013-03-28 Hulle noem hulself ’n “theatrical cross-over”-sanggroep. Miskien dieselfde fout wat Roesemoes gemaak het. Daar steek soveel meer in ’n naam; daar was soveel meer aan Roesemoes as dit. Daar steek soveel meer in Elle Amor as ’n “sanggroep”. Elle Amor is Elle Amor.

ABSA KKNK-onderhoud: Barry van der Linde bied aan ...

Ben Kruger, Jaco Botha, Frans Swart 2013-03-26 Lekker lag wag op KKNK-gehore met Barry van der Linde bied aan …

Koos Kombuis oor sy vertoning by die ABSA KKNK saam met Stef Bos

Koos Kombuis, Naomi Meyer 2013-03-26 Stef Bos en Koos Kombuis is in Niemandsland – maar hulle weet presies waar hul vandaan en heen op pad is. Naomi Meyer het Koos Kombuis uitgevra oor hul vertoning by die ABSA KKNK.

Vier vrae aan Margit Meyer-Rödenbeck

Chrizane Geldenhuys 2013-03-20 Boksballade is ’n intieme vertelling van ’n lesbiese paartjie wie se verhouding van nege jaar tussen die bokse op die vooraand van hulle groot trek inmekaar tuimel. Chrizane van Zyl het met Margit oor die produksie gesels.

Boskombuis: Niemandsland

2013-03-05 Stef Bos + Koos Kombuis = boskombuis. Hulle tree op by die Atterburyteater en by KKNK 2013.

Liefde, Anna en die Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis

Lida Krüger, Louis van Niekerk 2013-02-26 Louis van Niekerk gesels met Lida Krüger oor die teaterlegende Anna Neethling-Pohl en die Suid-Afrikaanse teatergeskiedenis soos vergestalt in Liefde, Anna.

Polony en die lelike eend

Henry Cloete, Roeline Daneel 2013-02-26 "Ek dink ons het in ’n groot mate ’n plato bereik waar die meeste teater óf so ligsinnig en onuitdagend en kommersieel is dat dit eintlik doodvervelig is, óf so ernstig en selfbewus en hoogdrawend dat die meeste mense glad nie daarmee kan relate nie."

Dis skoene, dis selfontdekking, dis lig ... dis Zivaglo

Linda Remke, Emma Kotze 2013-02-26 "Omdat Zivaglo ’n nuwe konsep is, was die uitdaging om kreatiewe mense te werf en te betrek ’n baie langer proses as wat ons eers gedink het. Die proses het geverg dat ons meer as ses maande elke twee weke met kreatiewe groepe gewerk het om hul te mobiliseer."

Bazoo sê: "Hou my dop" (by die US Woordfees)

Renie Nel, Naomi Meyer 2013-02-26 "Bazoo is die kindertydskrif wat mens al meer gereeld op die winkelrakke sien opduik. Naomi Meyer het vir Renie Nel, die redakteur van die tydskrif, gevra oor die vriendelike skilpad wat nou ook kinders by die US Woordfees gaan kom vermaak."

[tussen hemel en aarde] en Koos se Kytie

Alexa Strachan, Naomi Meyer 2013-02-20 "daar is meer poësie in die sneeuvlokkie
as in die letterkunde en baie meer poësie
in die miskruier in die toktokkie
in die meteorologie en entomologie ..."

US Woordfees 2013: kykNET Deurnag Teaterfees ’n "baanbreker-inisiatief"

Henry Cloete 2013-02-08 "Uiteraard moes dit ook stukke wees wat redelik vinnig kan in en uit trek, sodat ons gehoor nie te lank sit en wag en dan vaak word nie."

Woordfees 2013: Albert Maritz gesels oor vanjaar se fees en al die jare in die bedryf

Albert Maritz 2013-02-08 Die bekroonde Albert Maritz, in 2012 Fleur de Cap se wenner vir beste regie, bring vanjaar drie kraakvars produksies na die Stellenbosch Woordfees. Emma Kotze voer met hom ’n gesprek oor die opwinding en uitdagings van die kunste.  

Suidoosterfees 2013: The Orange Earth

Emma Kotze 2013-02-05 "Johnny Adams word gedurende die apartheidsjare daarvan beskuldig dat hy ’n bom geplant het wat ’n jong blanke dogtertjie se lewe geëis het."

Bidsprinkaan roep digte teks tot lewe

Haddad Viljoen 2013-02-05 "Die kyker word dan meegevoer na die land van Heitsi-Eibib, van die goeie god Tsui-Goab en die bose Gaunab, die bidsprinkaan en die stapels klippe wat die verloop van die geslagte en reisigers uitbeeld."

Die laaste karretjiegraf

Emma Kotze, Renata Redelinghuys 2013-02-04 "Dié toneelstuk handel nie soseer oor die hopeloosheid van die karretjiemense nie, maar eerder oor die hartseer gevolge van verkeerde keuses."

The Orange Earth: "Small's identity as an intellectual shines through the script ..."

Henry Cloete, Matthew Wild 2013-01-29 "So in our production we have inserted a fictional version of Small himself; the production concentrates on exploring the struggles of an author who uses words and ideas as a means of resistance, not bombs ..."

Bidsprinkaan: Van die boek tot die verhoog

Janice Honeyman 2013-01-25 "As gevolg van die aard van die roman vereis dit van Honeyman en haar geselskap om veral te skaaf aan die karakterisering van die derdepersoonverteller, aangesien dit juis in hierdie element van die roman is dat ’n groot deel van die narratief van die verhaal lê."

X+Y: "Die jong akteurs is vreesloos"

Henry Cloete, Hugo Theart 2013-01-25 "Die definisies is maar net ’n basiese beginpunt – die interaksie tussen die generasies is wat meer hier ter sprake is."

The Three Little Pigs skree oor 'n samelewing se immoraliteit

Emma Kotze 2013-01-24 "The Three Little Pigs getuig van noukeurige navorsing in beide inhoud en die vertolking. Dié produksie slaag daarin om skreeusnaaks te wees terwyl dit ernstige vrae vra oor die morele oortuigings van ons samelewing."

Artscape adds more feathers to its innovation hat

2013-01-23 Artscape is leading the way to be the first South African theatre to stage
Shakespeare’s so called lost play, Cardenio.

Top