The Last Show nie in elkeen se smaak nie

  • 0

The Last Show val beslis nie in elke persoon se smaak nie. Hierdie toneelstuk, met regie deur Jemma Kahn, een van Mail & Guardian se top 200 jong mense in 2013, is ’n swart komedie wat handel oor ’n ma en seun wat uit die luukse Dainfern-landgoed na Brixton trek – ’n aansienlike aanpassing wat ’n paar onverwagse en onvoorsiene verrassings en uitdagings vir hierdie ma en seun sou inhou. Aangesien Grace nie meer daar is om vir hulle te kook nie, besluit hulle dat smoothies vir oggend-, middag- en aandete die beste alternatief is.

Ronel en haar seun Ronnie se verhouding blyk egter na die romantiese kant te neig, maar dit word slegs gesuggereer en die gehoor word met die ongemaklike voorstel en hulle eie verbeeldings gelaat. Daar is duidelik ’n skroef los by Ronel en wanneer Oupa uit die dood uit vir haar een aand waarsku dat die wêreld binnekort gaan eindig, begin die afloop.

Puik toneelspel deur Toni Morkel en Roberto Pombo wat oordadig wil-wil voorkom, dra tog by tot die ongemaklike aard van hierdie toneel. Die teks is ongelukkig eendimensioneel en neig om teen die einde stoom te verloor.

Toni Morkel en Roberto Pombo in The Last Show.
Foto’s: Dean Hutton

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top