Crazy in love

  • 0

Regie: Rob Murray
Teks: Rob Murray, Liezl de Kock en Andrew Buckland
Spelers: Andrew Buckand en Liezl de Kock

Crazy in love, gebaseer op John Irving se Until I find you, is ? storie oor verlore en obsessiewe liefde, drankmisbruik en ? unieke pa-dogter-verhouding. Leon (Buckland) se geliefde Ruth het hom met hulle dogter voor die kansel gelos. Die verhaal vervolg 21 jaar later, waar hy en sy dogter (De Kock) nog altyd op soek is na Ruth, en aan die hoop vashou dat sy altyd net om die draai is. Hulle pak gemaklik hulle lewens in ? trollie en trek van dorp na dorp op soek na haar. Uiteindelik is hierdie ? verhaal van ongeneesbare verlies wat vir beide karakters futiele gevolge het.

Buckland en De Kock werk gemaklik in die fisiese-teater-medium en gee met groot sukses aan die verhaal lewe. Die duo, wat gereeld saam op die verhoog te sien is, benader die produksie met deernis en sensitiwiteit. Tesame met Murray se sprokiesagtige regiestyl word ? mens maklik meegevoer met die verbeelding en hoop van dié twee karakters. Ongelukkig verloor die produksie ten einde effe stoom en bereik die verhaalslot nie sy potensiële klimaks nie.

Die produksie is visueel baie bevredigend, met as wat lyk soos ? hoop rommel op ? trollie wat deur die loop van die produksie lewe kry en op kreatiewe wyses gebruik word. As ? geheel is Crazy in love ?pragtige verhaal van menslike broosheid, geskep deur drie top Suid-Afrikaanse teatermakers.

Die produksie is tot 7 Julie by die Nasionale Kunstefees te sien. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top