Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Driving Miss Daisy ... reguit kospotte toe
2021-08-17"Hy het eenkeer vir my en my ma agter in die taxi hoor gesels oor die kerrie wat ek wil kook. Maak ek myne met 'ertappeltjies'? vra hy toe. So met die gesels vind ek toe uit hy was jare lank die kok aan boord van die boot wat tussen Mosselbaai se hawe en een van die oliebore gevaar het. Hy belowe toe vir my hy sal sy eie, handgeskrewe resepte vir my bring."
Olke bolke
2021-08-17Nicola Hanekom, Hertzogpryswenner vir drama in 2021, se Stemme-monoloog, Olke bolke, stel ’n jong massamoordenaar aan die woord. Eldon van der Merwe lewer die vertolking en Lee-Ann van Rooi was in die regisseurstoel. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.
Nuwe groep liriekskrywers meld aan vir mentorskap deur Suidoosterfees en Jakes Gerwel Stigting
2021-08-11Die alombekende kunstenaar en televisie-persoonlikheid Frazer Barry sal as mentor optree wanneer die kandidate van 1 tot 15 September vir ’n skrywersverblyf by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-huis in Somerset-Oos aanmeld.
Persverklaring: Digbundel vloei uit SA en VK kulturele samewerking
2021-08-10’n Gemeenskap van vroue het vroeër vanjaar ’n vierdelige virtuele reis onderneem met ’n reeks stimulerende werkswinkels en gesprekke waarin hulle geluister, gedeel en uit mekaar se verhale geleer het.
Persverklaring: Sterreval by Die Boer-restaurantteater
2021-08-10Na die groot sukses van die eerste digbundelvertoning Warmer voor die tuimeldroër stel Danie du Toit sy tweede digbundel bekend.
Persverklaring van die kykNET-Rapport-boekpryse 2021: Hier is die kortlyste
2021-08-10Die kortlyste vir die kykNET-Rapport-boekpryse vir Afrikaanse fiksie en niefiksie wat in 2020 verskyn het, is pas bekend gemaak.
Alles lê in die lengte van jou hare
2021-08-10LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Alles lê in die lengte van jou hare lewer Liandé Valentyn ’n dramatiese voorlesing van Stephren Saayman se monoloog wat handel oor ’n vrou wat afreken met traumatiese gebeure uit haar kinderjare.
In gesprek met Jana Marx oor rekordslaner Devilsdorp
2021-08-04"Daar was ook beeldmateriaal wat vir my splinternuut was, soos daardie home videos van Zak en Mikeila Valentine, en Mikeila se prediking en persoonlike getuienis. Dit het my geruk!"
Devilsdorp: ’n resensie
2021-08-03"Geluk aan ’n uitmuntende en filmies-geletterde span wat uit hierdie bloedige chaos kykersorde geskep het."
Leë nagte
2021-08-03LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.
Persverklaring: Skryf in vir kykNET se Wie word ’n miljoenêr?
2021-07-30Wie het gesê jy kan nie oornag ’n miljoenêr word nie? Komaan. Vat ’n kans! Vinnigste vingers eerste. Inskrywings sluit 6 Augustus 2021.
Persverklaring: Inskrywings vir die 2022 Woordfees-kortverhaalkompetisie ingewag
2021-07-30Die sluitingsdatum vir inskrywings is om 17:00 op 30 September 2021. | The closing date for entries is 30 September 2021 at 17:00.
Kon ek ook maar ’n hond gewees het?
2021-07-27LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Andrico Goosen se Kon ek ook maar ’n hond gewees het? met Ivan Abrahams, onder regie van Nicole Holm. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Goosen, Holm en Abrahams oor die stuk gesels.
Press release: Ground-breaking think-tank at Karoo Writers Festival 2021
2021-07-22Twenty educators will participate and enact an innovative fusion of Creative Arts and Life Skills during a two-day think-tank in Cradock at the end of July – a bold moment in local education history. This event will provide a curtain-raiser to the 2021 Karoo Writers Festival, taking place from 28 to 31 July 2021.
More about opera deur Hans van Heerden: ’n lesersindruk
2021-07-21"Die publikasie van die boek is tydig en noodsaaklik vir elkeen wat van tyd tot tyd operas bywoon of aanlyn kyk. Die boek is aantreklik versorg en sal ook aanklank vind by mense wat nie normaalweg operas bywoon nie."
Persverklaring: Hannes van Wyk se eenmanvertoning weer te sien
2021-07-20"Die immergewilde akteur en Kwêla-aanbieder Hannes van Wyk se eenmanvertoning Sê groete vir Ma, moontlik gemaak deur Spar, kan ook nou in die gemak van kykers se eie sitkamers geniet word."
Persverklaring: Teatergesprekke oor Samsa-masjien
2021-07-20Die KKNK nooi jou na twee teatergesprekke oor Samsa-masjien.
Weg
2021-07-20LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Carlo Daniels in sy monoloog Weg, waarvan die regie deur Andrew Buckland behartig is. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Daniels sy gedagtes oor die stuk deel.
Beskuit
2021-07-15"Ek bak koekies en beskuit. Die koekies is vir bestellings – in moeilike tye soek mense troos in tuisgebak. Maar die beskuit is vir die huis."
Krap jou liedjie uit die laai!
2021-07-15Amateur en professionele liedjieskrywers en musikante kan vir dié opwindende kompetisie inskryf. Liedjies kan in enige genre wees, maar moet die skrywer se eie komposisie en pennevrug wees, en in Afrikaans.
