Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Dierepraters: ’n onderhoud met Daniah de Villiers en Hettie Richter
2021-07-13"Ek glo mense kommunikeer baie meer met hul diere as wat ons dink." | "Die grootste geheim is: Love is a universal language."
Stemme
2021-07-13Hier kan jy die produksies van Stemme, LitNet se monoloogprojek saam met die Suidoosterfees, KKNK en NATi, kyk en die tekste lees.
Verspring
2021-07-13LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Tinarie van Wyk Loots se vertolking van Rafiek Mammon se Verspring, geregisseer deur Fred Abrahamse. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen die akteur en regisseur.
Samsa-masjien as hibriede film. ’n Resensie
2021-07-12"In Samsa-masjien word die grens tussen toneelstuk, film en video-installasie egter bewustelik oorgesteek."
Barakat – ’n film review van ’n Cape-Malay perspective
2021-07-12"All in all was Barakat die ee’ste real win virrie Muslim-Afrikaans community on screen – ’n authentic representation of story by the people for the people."
Persverklaring: Multi-bekroonde Samsa-masjien op film verewig
2021-07-10Willem Anker en Jaco Bouwer se Samsa-masjien is “terug op die planke” en teaterliefhebbers kan nou eksklusief dié multi-bekroonde produksie as verfilmde drama geniet as deel van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se aanlyn fees in 2021.
Persverklaring: Die Woordfees kom huis toe – na jou toe | Press release: Toyota SU Woordfees to exclusively broadcast on DStv
2021-07-09Die Toyota US Woordfees vind vanjaar dwarsoor Suid-Afrika en Namibië plaas – eksklusief op DStv. Die Woordfees TV-opwipkanaal première op DStv-kanaal 198 vanaf 1 tot 7 Oktober 2021. | One of South Africa’s biggest arts festivals, the 2021 Toyota SU Woordfees, is set to exclusively broadcast on DStv to local and Namibian viewers. The Woordfees TV festival pop-up channel will premiere on DStv channel 198 from 1 – 7 October 2021.
Persverklaring: Wenners van tweede Dramaweb SA-toneelspelkompetisie bekend
2021-07-08Aan talent is daar in Suid-Afrika geen tekort nie, en die jong akteurs wat aan vanjaar se Dramaweb SA-toneelspelkompetisie deelgeneem het, is ’n klinkende bewys daarvan!
Stemme: LitNet, Suidoosterfees, KKNK en NATi bring monoloë deur topteatermakers
2021-07-08LitNet het dramaturge uitgenooi om monoloë vir die projek te skryf, waarna die Suidoosterfees en KKNK van die talentvolste akteurs en regissseurs aan boord gekry het om die monoloë op te voer en te verfilm. | LitNet invited playwrights to write monologues for the project, and Suidoosterfees and KKNK commissioned leading actors and directors to produce them.
Die ou met die lang hoed: ’n Jonglesersindruk rondom Jack Parow
2021-07-07"Afrikaans is nie dood nie. Nie solank as wat Jack Parow rap nie."
Andries Bezuidenhout gesels oor sy nuwe album Spoorlangs
2021-07-06"Ek werk twee skofte elke dag. In die dag werk ek aan my akademiese werk. Na aandete gaan ek studio toe en werk aan musiek of skilderye. Ek werk die meeste naweke ook. Ek noem dit nou 'werk', maar musiek en skilder voel vir my soos speel. In die aand, as ander mense TV kyk, speel ek."
Persverklaring: Suidoosterfees se nuwe NATi Jong Sterre aangekondig
2021-07-05Die nuwe groep aspirant-dramaturge wat gekeur is vir deelname aan die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre-projek, is pas aangekondig.
Strangers you know: ’n resensie
2021-07-05"Hierdie onthutsende reeks, wat uit agt episodes bestaan, is broodnodig. Dit fokus op van die bekendste en mees berugte Suid-Afrikaanse moordverhale waarin vrouens die slagoffers was. En dit vertel die ware verhale, kopbene en al, op onderhoudende wyse."
Die wenners van die Wesens-kompetisie bekend
2021-07-05LitNet se redaksie en die skeppende agentskap The Suits is baie dankbaar vir die moeite wat met die inskrywings gedoen is. Dit is vir die redaksie ’n groot plesier om die weninskrywings aan te kondig.
Persverklaring: Virtuele bekendstelling van Breyten Breytenbach se kunsuitstalling Skeursels en ’n volksboekie of ’n traktaat Hokhokaai fragmente
2021-07-02Breyten Breytenbach het Kobus Coetzee, ’n jong kunstenaar van Wellington, genooi om sy kunswerke saam met hom uit te stal. Die kunswerke sal van Saterdag 10 Julie in die Breytenbach Galery en aanlyn gesien en gekoop kan word.
Mediaverklaring: TRIBUO-fonds bly wawyd wakker vir die kunste
2021-06-30Met Tribuo Wawyd Wakker/Tribuo Wide Awake gaan ses akteurs vanaf Vrydag 2 Julie tot Saterdag 3 Julie deurnag repeteer en improviseer tot hulle ’n verhoogstuk geskep het.
Persverklaring: Finaliste van aanlyn dramakompetisie bekend
2021-06-29Die finaliste in Dramaweb SA se aanlyn dramakompetisie sal tydens ’n regstreekse stroming hul harte uitspeel op Saterdag 3 Julie (Afrikaanse kategorie) en Sondag 4 Julie (Engelse kategorie).
Persverklaring: Tweede KKNK virtuele kunsgalery open binnekort
2021-06-25"Ons is trots daarop om vir die tweede jaar ’n geleentheid vir kunsliefhebbers te skep om van regoor die wêreld en in die gemak van hul eie huis die fees se visuele kunsuitstalling te beleef."
Persverklaring: McGregor gedigtefees, skryfkompetisie 2021
2021-06-24Ons nooi digters om te sing oor alle gedaantes en aspekte van die liefde of die beminde. Stuur asseblief julle gedigte! Alles wat handel oor liefde, is welkom; van odes, elegieë en formele versvorm, tot vrye verse en kletsrym.
