Persverklaring: Willem de Beer se doktorale klavieruitvoering

  • 0

Artmusic.TV bied aan:

Willem de Beer se doktorale klavieruitvoering

Universiteit van Texas

Stroomkonsert beskikbaar vanaf Vrydag 14 Januarie

via www.artmusic.tv

Program

Klaviersonate in E mol maj K282  - Mozart

Pictures at an Exhibition - Mussorgsky

Brooklyn Teater-ondersteuners sal die buitengewone talent van SA pianis, Willem de Beer, in herinnering roep, in konsert of as solis saam met die Gauteng Filharmoniese Orkes, in werke soos die 4de Klavierkonsert en die Koraal Fantasie (Beethoven), tydens sy studentedae aan die Universiteit van Pretoria.

Sedertdien het hy na die VSA vertrek om onder Anton Nel aan die Universiteit van Texas in Austin te studeer. Hy voltooi tans sy doktorsgraad en Artmusic.TV is trots om sy eerste voordraguitvoering vir hierdie graad, wat in Desember 2021 opgeneem is, aan te bied.

In ’n promo-video vir dié konsert gesels Willem oor sy eerste ontmoeting met die Mussorgsky Pictures by ’n uitstalling, 10 jaar gelede, by ’n etensuurkonsert by die UP en hoe hy sedertdien dié monumentale werk wou uitvoer. Dit is ’n groot onderneming vir enige pianis en Willem se eie vertolking van hierdie stuk is asemrowend. Anton Nel se mentorskap is ongetwyfeld duidelik te bespeur.

Die ander werk op hierdie program is die Sonate in E mol majeur K282 (Mozart). 'n Werk wat Willem uitwys, as seldsame vonds onder Mozart se Klaviersonates. Die hooftema van die stadige openingsbeweging bevat ’n hooftema wat Mozart by Joseph Haydn “geleen” het. Willem se diepgaande vertolking van hierdie werk spreek van groot insig en volwassenheid.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top