Wen, wen, wen met derde Dramaweb SA!

  • 0

Suid-Afrika se jong akteurs wat aan vanjaar se derde Dramaweb SA aanlyn kompetisie gaan deelneem, moet veters vasmaak en hare agteroor kam, want die pryse vir 2022 se talentkompetisie gaan hul soos ’n stormwind tref!

Hierdie gewilde aanlyn kompetisie wat in 2020 tydens die grendeltyd deur akteurs Ira Blanckenberg en Waldemar Schultz geloods is om die jeug te inspireer en in teaterkuns en drama op te lei, word vanjaar in samewerking met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) aangebied word en sal voortaan as KKNK Dramaweb SA bekendstaan.

Vir hul deelname staan die inskrywers nie net die kans om hul talent te slyp en teenoor hul eweknieë landswyd deel te neem nie, maar hul kan ook van vanjaar se opwindende pryse wen.

Dit sluit in: Twee hoverboards, asook geskenkbewyse van Bargain Books, Yokico, Vida e caffè, Wimpy, Revlon, N1 City Mall, Exclusive Brands Online en vele meer – met ’n totale waarde van R20 000!

Inskrywings vir KKNK Dramaweb SA is reeds oop. 

Alle inligting oor inskrywingskoste, video-opnames, spertye, taalvoorkeur van deelnemers, afdelings waarin hul kan deelneem, en aanlyn ondersteuning aan hulle beskikbaar tydens die kompetisie, kan by www.dramawebsa.co.za gevind word, of deur Dramaweb SA of die KKNK se webblad by www.kknk.co.za te besoek.

Hulle kan ook vir Daventia Kennedy by 044 203 8600 kontak, of e-pos stuur na info@dramawebsa.co.za. Blanckenberg is ook beskikbaar vir raad en ondersteuning by ira@dramawebsa.co.za.

Die KKNK word ondersteun deur Absa en Media24, met addisionele steun van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Wes-Kaapse Regering se Departement vir Kultuursake en Sport, asook die Oudtshoorn Munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton-stigting.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top