Musiek
KlankKas is jou gig-gids en musiektuiste.
KlankKas is your gig guide and music fix.
KlankKas is your gig guide and music fix.
Klopjag: 'Dis definitief meer as net ’n band'
2015-03-04 "Vir ’n lang tyd moes ons speel om huur te betaal en nou speel ons om musiek te maak. Dis ’n baie bevrydende plek om te wees – dis amper soos om oor te begin, maar na meer as ’n duisend gigs saam."Heinz Winckler: "Ek wens ek was al langer ’n onafhanklike kunstenaar"
2015-03-03 "Ek was nog nooit spyt oor my deelname aan Idols nie. Ek glo dit was die regte ding vir my. Ek wens wel daar was beter leiding itv my bestuur en besigheidsbestuur na die kompetisie."US Woordfees 2015: Toorwoorde roep my by D-Street Gallery
2015-03-03 Kunstenaars tree met mekaar in gesprek by hierdie uitstalling by die US Woordfees 2015 – Valiant Swart se lirieke ontmoet die skeppings van kunstenaars soos Ingrid Winterbach, Strijdom van der Merwe en Clare Menck.Kyk wat maak Chris Chameleon nou
2015-02-24 Nie net is hy by die US Woordfees 2015, aan die reis, sing en skryf nie, maar hy bied ook 'n reeks aan op kykNET, waarvan hy in dié onderhoud vir Naomi Meyer vertel.Kyk noord, gaan voort
2015-02-24 "Ons leef in vreemde tye. Tye van vreemdelingehaat, beurtkrag, parlementêre chaos, bedreigings teenoor die vrye pers, rassisme van alle kleure en geure, plaasmoorde, werkloosheid, toenemende polarisasie en algemene pessimisme. In hierdie tye bring Stef Bos sy eerste volledige Afrikaanse album uit, en hy noem dit Kaalvoet."Endler-konsertreeks met Renée Reznek | Endler concert series with Renée Reznek
2015-02-23 "Wat ’n roerende belewenis was Renée Reznek se klawerklanke nie. Suiwer en deernisvol – soos ook haar omgang met haar instrument, met elke komposisie, met haar gehoor."Onderhoud: "Lisa se klavier"
2015-02-18 Aanhangers van Koos Kombuis het dalk al gewonder: wie was dié Lisa? En het sy werklik bestaan?Kaalvoet Stef gaan bos (en gee 'n CD weg)
2015-02-18 Stef Bos skryf 'n liefdesbrief in Afrikaans-Nederlands oor 'n land waar hy al te lank bly om sommer net verlief te wees. En hy gee dié liefdesbrief gratis weg aan almal.Koos Kombuis: "Dit is inderdaad deesdae lekkerder as ooit"
2015-02-04"Die ding wat ek eers na die tyd agtergekom het, is as ’n ou ’n sogenaamde geestelike album uitbring, moet jy bereid wees om al die pad gaan. Jy moet die regte soort gel in jou hare smeer en jy moet optree by gospelfeeste en jy moet in elke onderhoud sê jy werk aan jou huweliksprobleme. Ek was eenvoudig nie dedicated genoeg om al daai effort in te sit nie."
