Endler-konsertreeks met Renée Reznek | Endler concert series with Renée Reznek

  • 0

Renée Rezner (http://www.reneereznek.com/)

Iets wat hierdie lekesiel roer, is die sensitiwiteit waarmee ’n kunstenaar sy of haar medium benader. En wat ’n roerende belewenis was Renée Reznek se klawerklanke nie. Suiwer en deernisvol – soos ook haar omgang met haar instrument, met elke komposisie, met haar gehoor. Gelukkig, want haar kontemporêre repertoire kan vreemd en onvriendelik op die leke-oor val.

Die Suid-Afrikaans-gebore Reznek woon in Londen, waar sy privaat onderrig kombineer met uitvoerings, nadat sy baie jare lank aan die Universiteit van Cambridge verbonde was.

Reznek se program open met ’n komposisie van Erik Satie, die Franse komponis en pionier van die sogenaamde musique d’ameublement – musiek geskryf as agtergrondmusiek. Haar uitvoering van Satie se Préludes flasques pour un chien (Papperige preludes vir ’n hond) was lig, met ’n speelse humor.
Claude Debussy se Images (Boek 2), en na pouse sy Masques, was die twee meer bekende komposisies van die middag en die pianis se aanslag het reg laat geskied aan die amper sintuiglike aard van Debussy se musiek.

Die hoogtepunt in die eerste deel van die program was Sadie Harrison se Par-feshani-ye ‘Eshq. Die titel kan vertaal word as “Die fladderende vlerke van liefde” en is afkomstig uit ’n teks van die 18de-eeuse Soefi-digter Bidel. Elke kort beweging gebruik een koeplet uit die gedig as stimulus. Reznek se interpretatiewe spel gee uitdrukking aan die vervlietende delikaatheid van lewe soos uitgebeeld in hierdie gedig.

Die finales op die program was Neo Muyanga se Hade, TaTa (Jammer, Vader) en Hendrik Hofmeyr se “Preludio en Umsindo” uit Partita Africana. Hade, TaTa is in 2013 as ’n huldeblyk aan Nelson Mandela gekomponeer – die tyd waarin die wêreld Mandela se fisieke agteruitgang aanskou en sy afsterwe verwag het. Dit vra om verskoning vir die té hoë verwagtinge wat ons van Madiba gekoester het, en ons onvermoë om sy drome en ideale vir hierdie geliefde land ’n werklikheid te maak. Die melankoliese slot het ’n diep verlange in hierdie siel geroer om weer iets van die ekstase van ons vroeë demokrasie te beleef.

In Hofmeyr se komposisie slaag die pianis daarin om die ryk geskakeerdheid van Afrika te laat leef.

Slotsom: intelligente, sensitiewe spel. ’n Heuglike uitvoering.

Something that stirs this laywoman’s soul is the sensitivity of an artist’s approach to his or her medium. And a stirring experience was Renée Reznek’s piano recital, indeed! Pure and profound – as was her interaction with her instrument, each composition, her audience. Fortunately so, because her contemporary repertoire can sound unfamiliar to a layperson’s ear.

South African-born Reznek lives in London, where she presently combines private teaching with recitals, after having taught at Cambridge University for many years.
Reznek’s programme opens with a composition by Erik Satie, French composer and pioneer of the so-called musique d’ameublement (furnishing music) – music written as background music. Her recital of Satie’s Préludes flasques pour un chien (Flabby preludes for a dog) was light, with a playful humour.

Claude Debussy’s Images (Book 2), and after the interval his Masques, were the two better-known compositions of the afternoon and the pianist’s touch did justice to the almost sensory nature of Debussy’s music.

The climax of the first part of the programme was Sadie Harrison’s Par-feshani-ye ‘Eshq (The Fluttering Wings of Love) and was taken from a text by the 18th- century Sufi poet Bidel. Each brief movement uses a couplet from the poem as a stimulus. Reznek’s interpretative performance gives expression to the fleeting delicacy of life as expressed in this poem.

The finales on the programme were Neo Muyanga’s Hade, TaTa (Sorry Father) and Hendrik Hofmeyr’s “Preludio and Umsindo” from Partita Africana. Hade TaTa was composed as a tribute to Nelson Mandela – in the time that the world watched Mandela’s physical deterioration and anticipated death. The work says sorry for not having realised that our expectations of Mandela were too high and that we have fallen short of realising his dreams and ideals for this beloved country. The melancholic conclusion stirred a deep longing in this soul to experience, once again, something of the ecstasy of our early democracy.

In Hofmeyr’s composition the pianist succeeded in bringing to life the rich nuances of Africa.

Conclusion: intelligent, sensitive recital. A memorable performance.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top