16 Onse is die vlagskip-produksie van vanjaar se US Woordfees en dié reënboog-musiekvertoning het voorwaar ’n sterk verteenwoordiging van onse almal se musiek. Die musikale regie is skitterend hanteer deur Janine Neethling.
Die aand het afgeskop met Stef Bos en Amanda Strydom se "Die taal van my hart".Saam met hulle was daar ook Anna Davel, Richard van der Westhuizen, Joshua na die Reën, Jannie Moolman, Danie Niehaus, Gloria Bosman, Tim Moloi, Jak de Priester, Hanelore Bedert en Hemelbesem.
Orkes: Janine Neethling (klavier/akkordeon), Melissa van der Spuy (klavier), Schalk Joubert (baskitaar) David Klassen (tromme), Luke van der Merwe (kitaar), Lou-Ann Stone (saksofoon).





















