Gerrit Rautenbach

Gerrit Rautenbach is ’n reisiger, reisskrywer en fotograaf. Sy reislus het begin toe sy ma vir hom Gulliver se reise voorgelees het. Hy was drie. ’n Paar jaar later het hy alleen op die Magaliesberg gaan slaap. Sedertdien het hy ’n paar nagte in ’n paar vreemder plekke geslaap. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy was drie jaar in Europa, 300 kilometer ver in die Arktiese Sirkel, en het meer as 20 reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit wat die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië opgeskryf het.

 

Gerrit is ’n alleenloper; hy besit nie ’n huis of ’n hond nie, maar wel ’n rugsak en ’n geldige paspoort. Sy eerste bundel reisverhale, Kopreis  (Queillerie) is in 2011 uitgegee. Hy werk nou aan ’n opvolgbundel en ’n reisroman.

 

US Woordfees 2019: Fotoblad 2

Gerrit Rautenbach US Woordfees 2019-03-05

Ervaar die US Woordfees 2019 deur foto's op LitNet!

US Woordfees 2019: Fotoblad 1

Gerrit Rautenbach US Woordfees 2019-03-03

Die US Woordfees 2019 het afgeskop!  Gerrit Rautenbach deel sy foto's van Vrydag se skrywersfees.

Foto's: Bekendstelling van Die braambos bly brand

Gerrit Rautenbach Boeke en skrywers 2019-02-27

Die braambos bly brand is onlangs in Stellenbosch bekendgestel. In hierdie essaybundel, saamgestel deur Pieter Malan en Chris Jones, is daar ’n groep uiteenlopende mense gevra om elk ’n onafhanklike essay te skryf na aanleiding van ’n Bybelteks.  Gerrit Rautenbach het foto's geneem.

Foto's: KKNK25 word bekendgestel

Naomi Bruwer, Gerrit Rautenbach KKNK 2018-11-29

Die KKNK word in 2019 vir die 25ste keer aangebied. Hierdie mylpaal is Sondag by die indrukwekkende Norval-stigting in Tokai gevier. By dié geleentheid is teruggekyk oor die afgelope 25 jaar en is vier belangrike rolspelers in die kunstebedryf vereer.

Foto's: Bekendstelling van 50 blertse blou deur Blouwillem

Gerrit Rautenbach Boeke en skrywers 2018-11-07

"50 blertse blou is onlangs by Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel. Johan Bakkes het met Blouwillem gesels.  Hier is 'n paar foto's van die geleentheid."

Tuin van Digters 2018: Foto's

Naomi Bruwer, Gerrit Rautenbach Feeste 2018-09-27

Die Tuin van Digters 2018 se tema vanjaar was "buite die boek". Die program was saamgestel om diversiteit in en deur Afrikaans uit te beeld. Naomi Bruwer en Gerrit Rautenbach deel van hulle foto's.

US Woordfees 2018: Fotoblad 6

Naomi Bruwer, Gerrit Rautenbach US Woordfees 2018-03-12

Die sesde fotoblad van die US Woordfees 2018 se skrywersprogram.

US Woordfees 2018: Fotoblad 5

Gerrit Rautenbach, Naomi Bruwer US Woordfees 2018-03-09

Volg die US Woordfees se skrywersprogram met foto's op LitNet.

US Woordfees 2018: Fotoblad 2

Gerrit Rautenbach, Naomi Bruwer US Woordfees 2018-03-08

Die US Woordfees is in volle swang. Volg die fotoverhaal.

Op twee wiele oor die Himalaja

Gerrit Rautenbach Reis 2018-02-01

"’n Goeie omvattende en verduidelikende definisie van avontuur beskryf dit as ’n blootstellende gebeurtenis met ’n onseker gevolg of uitkoms ..."

Wat is op jou bedkassie? Gerrit Rautenbach antwoord

Gerrit Rautenbach Boeke en skrywers 2017-12-22

LitNet het aan ’n paar lesers gevra watter boek of boeke wag op hul bedkassie vir die rustyd tussen Kersfees en Nuwejaar. Lees Gerrit Rautenbach se antwoord.

Gaan spoor jouself op in Klein-Tibet

Gerrit Rautenbach Reis 2017-11-08

Het jy al ooit gewonder of daar méér is? Of daar ’n deel van jouself is wat jy nog moet leer ken? As jy meer van jouself en meer van jou plek in die lewe wil ontdek, kan Streetschool die antwoord wees met hul unieke toere, avonture en werkswinkels in Dharamsala in die noorde van Indië. Gerrit Rautenbach het gaan kyk hoe werk dit doer in die Himalaja.

Ou stokke, diep wyn

Gerrit Rautenbach Kos en wyn 2017-08-10

Ouwingerd is ’n term wat al hoe meer aftrek kry by wynmakers en -liefhebbers. Gerrit Rautenbach is onlangs genooi om ’n klompie wyn van uitgesoekte ou wingerde te proe. Dit was aangebied deur die Ouwingerdprojek en hulle het ’n storie te vertel.   

Van plek-plek na Elders

Gerrit Rautenbach, Erns Grundling Skrywersonderhoude 2017-04-05

"Erns sit sy hand op my skouer en kyk my vierkant in die oë. Met so ’n skewe glimlag. 'Walk it off ...' Ek glo dis tyd vir ’n vliegkaartjie Spanje toe."

US Woordfees 2017: Fotoalbum 6

Gerrit Rautenbach US Woordfees 2017-03-16

Gerrit Rautenbach deel ’n laaste paar foto's.

Top