Gerrit Rautenbach

Gerrit Rautenbach is ’n reisiger, reisskrywer en fotograaf. Sy reislus het begin toe sy ma vir hom Gulliver se reise voorgelees het. Hy was drie. ’n Paar jaar later het hy alleen op die Magaliesberg gaan slaap. Sedertdien het hy ’n paar nagte in ’n paar vreemder plekke geslaap. Soos die woestyn in Saoedi-Arabië. Onder die Charles-brug in Praag. Bo-op Kilimandjaro. Die diep Namib. Hy was drie jaar in Europa, 300 kilometer ver in die Arktiese Sirkel, en het meer as 20 reise deur Afrika onderneem. Op een was hy die eerste skrywer ooit wat die magiese Kuamboka-seremonie in Barotseland, Wes-Zambië opgeskryf het.

 

Gerrit is ’n alleenloper; hy besit nie ’n huis of ’n hond nie, maar wel ’n rugsak en ’n geldige paspoort. Sy eerste bundel reisverhale, Kopreis  (Queillerie) is in 2011 uitgegee. Hy werk nou aan ’n opvolgbundel en ’n reisroman.

 

’n Kwartmiljoen mauserpatrone – Doc Immelman se (enigste) fantasieroman

Gerrit Rautenbach 2012-12-11 "Dis ’n bietjie van ’n ander boek, maar danksy Protea is dit nou weer tot ons beskikking. Nes amper al die ander boeke uit Doc se pen uit. Wat ’n voorreg. Dis ’n puik manier om jou jeug te herleef."

Stoffel tot nadenke

Gerrit Rautenbach 2012-08-02 "Van bladsy een af gaan die leser saam met Stoffel op safari. Dié leesreis is die moeite werd."

Hoe ekovriendelik is die reismedia?

Gerrit Rautenbach 2012-04-23 In die huidige toestand van onse aarde is die voetspoor uiteraard iets wat elke liewe bedryf en individu ernstig moet opneem, maar is dit nie nóg meer die geval vir die reismedia nie? Want alles waaroor hulle skryf, al die inhoud wat eksemplare verkoop, gaan oor die omgewing, die ongerepte natuur en die fyn ekologiese balans van die skepping.

Mal oor Rugbymal

Gerrit Rautenbach 2011-06-28

Mal oor Rugbymal

Gerrit Rautenbach 2011-06-28

'n Vuur vir Fanus: Want hy is my pa ...

Gerrit Rautenbach 2011-02-08 Dis Oukersaand 2010 en ek het hom by Arcadia gaan haal. Sy blyplek die afgelope paar jaar. Moet dit asseblief tog net nie ’n ouetehuis noem nie, sal hy vir jou vertel. Dis óf ’n koshuis óf ’n oudehof. Ouetehuis is ...
Top