Regstreekse uitsending van kykNET Fiëstas gaan die sterre behoorlik laat skitter

  • 0

Op 5 Maart 2015 rol kykNET vir die vyfde keer die bloutapyt uit vir ’n glansryke toekenningsgeleentheid om die rolspelers en talent in die Afrikaanse kunste te vereer. Hierdie glansryke geleentheid sal vir die tweede keer regstreeks uitgesaai word op kykNET, DStv kanaal-144.

Die uitsending beloof om ’n hoogtepunt te wees met optredes van kunstenaars soos Joshua na die reën, Corlea Botha, Brandon October, Hemelbesem, Magdalene Minaar, Roelof Temmingh en die Cape Town City Ballet. Spesiale uittreksels uit genomineerde produksies naamlik Taal van my hart, Die Klaagliedere van ds Tienie Benade, Die Seemeeu en Dogma, vorm ook deel van die program en kykers kan uitsien na ’n paar verrassings en bekendes soos wat hulle nog nooit op die verhoog te siene gehad het nie. Die seremoniemeester vir die aand is Frank Opperman en hy word bygestaan deur gasaanbieders Jana Cilliers, Dawid Minaar, Cindy Swanepoel, June van Merch, De Klerk Oelofse en Quanita Adams.

Agter die skerms is daar ’n gesoute span van bekendes wat verantwoordelik is vir die regstreekse uitsending. Ian von Memerty behartig vir die tweede agtereenvolgende jaar die regie van die uitsending. Hy word bygestaan deur Janine Neethling-Opperman as musikale regisseur wat ook verantwoordelik is vir die verwerkings en musikale samestellings wat kykers die aand gaan sien. Die stel is ontwerp deur Jaco Bouwer en Juanita Kotze is verantwoordelik vir die inkleding en kostuums van die produksie.  Die Fiëstas vind hierdie jaar by die Kunstekaap Operahuis in Kaapstad plaas.

Die Fiëstas word beskou as die vertoonvenster van Afrikaanse talent waar akteurs, regisseurs, skrywers, musikante en visuele kunstenaars vir hul uitnemende werk van die afgelope jaar vereer word.

Die nominasies vir die 2015 Fiëstas is as volg:

BESTE AKTEUR

 

Albert Pretorius

Die Seemeeu & Playland (Aardklop & Suidoosterfees)

Gerben Kamper

Samsa-Masjien (KKNK)

Hennie Jacobs

Boeing Boeing  (KKNK)

Richard September

Rondomskrik (KKNK)

BESTE AKTRISE

 

Antoinette Kellermann

Samsa-masjien (KKNK)

Rolanda Marais

Dogma & Die Seemeeu (KKNK & Aardklop)

Tinarie van Wyk Loots

Dogma (KKNK)

Sandra Prinsloo

Die Seemeeu (Aardklop)

BESTE MANLIKE BYSPELER

 

Dann-Jacques Mouton

Die Rolbalspeler (Suisoosterfees)

Dawid Minnaar

Bloed en Rose (Aardklop)

Stian Bam

Bloed en Rose (Aardklop)

Dean-John Smith

Braai (KKNK)

BESTE VROULIKE BYSPELER

 

Antoinette Kellermann

Bloed en Rose (Aardklop)

June van Merch

Die Rolbalspeler (Suidoosterfees)

Lee-Ann van Rooi

Rondomskrik (KKNK)

Marga van Rooy

Beauty Queen (Suidoosterfees)

BESTE REGISSEUR

 

Christiaan Olwagen

Dogma & Die Seemeeu (KKNK & Aardklop)

Marthinus Basson

Bloed en Rose (Aardklop)

Henry Mylne

Beauty Queen (SOF)

Jaco Bouwer

Poskantoor & Samsa-masjien (Aardklop & KKNK)

TEATERONTWERP

 

Birrie le Roux & Christiaan Olwagen

Die Seemeeu (Aardklop) (KOSTUUMS)

Marthinus Basson

Bloed en Rose (Aardklop) (STEL & KOSTUUMS)

Jaco Bouwer

Poskantoor & Samsa-masjien/ (Aardklop & KKNK)

Nico Scheepers

Rondomskrik (KKNK) (STEL)

BESTE PRESTASIE IN ’N MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE

 

Laurika Rauch & Elvis Blue

Hart en See (KKNK)

Emo Adams

Finding Emo

Magdalene Minnaar

Taal van my hart (Aardklop)

Janine Neethling

Taal van my hart (Aardklop)

BESTE SOLO-VERTONING

 

Marion Holm

HOL Marion! (KKNK)

Carel Nel

Slaaf (KKNK)

De Klerk Oelofse

Na-aap (Aardklop)

Frank Opperman

Die klaagliedere van ds Tienie Benade

BESTE NUWE AFRIKAANSE OPVOERING

 

Christiaan Olwagen

Dogma (KKNK)

Hennie van Greunen & Rachelle Greeff

Rondomskrik (KKNK)

Jaco Bouwer & Willem Anker

Samsa-masjien (KKNK)

Tertius Kapp, Braam du Toit & Jaco Bouwer

Poskantoor (Aardklop)

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR

 

Dean-John Smith

Braai (KKNK)

Francois Jacobs

Frats & Waterpas (Innibos & Woordfees)

Richard September

Rondomskrik (KKNK)

Roelof Temmingh

Roelof Temmingh (en Zorada)

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK

 

Braam du Toit

Poskantoor (Aardklop) (KOMPONIS)

Elizabeth Frandsen

Poskantoor (Aardklop) (SANG)

Magdalene Minnaar

Poskantoor (Aardklop) (SANG)

Odeion Strykkwartet

Homage -'n Huldiging van Suid-Afrikaanse komponiste (KKNK)

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS

 

Diek Grobler

Filmverse (Aardklop) (ARTISTIEKE REGISSEUR)

Gerhard Marx

The Garden at Night (Aardklop)

Hannalie Taute

Rubber ever after (KKNK)

Little Marionette Company

Geliefde TV-sterre (Woordfees) (KURATORSKAP)

 

BESTE MUSIEKPRODUKSIE

 

Finding Emo

KKNK

Hart en See

KKNK

Nataniël - Menopause

Woordfees

Taal van my hart

Aardklop

BESTE AANBIEDING

 

Beauty Queen (Suidoosterfees)

 

Bloed en Rose (Aardklop)

 

Die Seemeeu (Aardklop)

 

Dogma (KKNK)

 

Poskantoor (Aardklop)

 

Rondomskrik (KKNK)

 

Samsa-masjien (KKNK)

 

’n Onafhanklike beoordelaarspaneel besoek jaarliks die landswye kunstefeeste om nominasies vanuit die debuut werke te kies.

kykNET is ook die gasheer vir die eerste Fiëstas-seminaar wat plaasvind op 4 en 5 Maart by Die Protea Hotel – President. Die seminaar bestaan uit paneelbesprekings met van die genomineerde kunstenaars en  groot rolspelers sal ook van die geleentheid gebruik maak om in gesprek te tree oor industrieverwante kwessies.

Kykers het ook die geleentheid gekry om te stem vir die Gewildste Fees deur ’n kode te sms aan 33690. Die nominasies vir gewildste fees asook elkeen se kode is:

Clover Aardklop (kode: F1)
Innibos (kode: F2)
Absa KKNK (kode: F3)
US Woordfees (kode: F4)
Die stemlyne is nou reeds gesluit.

kykNET Fiëstas
5 Maart 2015
Kunstekaap Operahuis
Regstreekse uitsending 20h30 op kykNET, DStv-kanaal 144

Praat saam: @kykNETtv  #Fiestas2015
https://www.facebook.com/kyknet

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top