Musiek
KlankKas is your gig guide and music fix.
Rachid Taha praat vir oulaas uit die hart
2019-10-08“Sy konserte was skouspelagtig, sy lirieke altyd skerp, maar sy musiek, reken die meeste kenners, soms wisselvallig. Daarom is dit goed om te kan sê dat sy 16de en laaste album, Je suis africain, weer Rachid op sy beste is.”
"Kom fees vry": Alexa Strachan oor Aardklop 2019
2019-09-19"Ek dink ons is hierdie jaar geseënd – ons het regtig die room van Suid-Afrikaanse akteurs op een fees bymekaar," sê Alexa Strachan, Hoof Uitvoerende Beampte van Aardklop Kunstefees 2019. Remona Voges het met haar gesels oor wat vanjaar se fees, wat vanaf 24 tot 29 September in Potchefstroom plaasvind, inhou.
Tuin van Digters 2019 een vir die boeke
2019-09-17"Die grootste hoogtepunt van die fees was beslis Breyten Breytenbach se voorlesing van sy gedigte op maat van Schalk Joubert, se baskitaarnote."
Tuin van Digters 2019: Onderhoud met Lieke Joosen
2019-09-13"Ek glo dat jy iets by elkeen wat oor jou lewenspad kom, kan leer. So ek kan nie wag om by die Suid-Afrikaners, hul taal, die natuur, hul lewenstyl te ervaar nie."
Kalmeer, dis net Robbie
2019-09-11“Maar dis ook waar dat ons moderne woordeskat by die dag verder ingeperk word deur polities korrekte spraak. Sekere goed mag nie gesê word nie of moet op ander maniere gesê word. Robbie se woordeskat word deur humor uitgebrei.”
Ken Nordine se unieke woordmusiek
2019-09-11“Toe die advertensies ophou, het mense radiostasies gebel en gevra dat hulle dit weer speel. Dit het Ken besiel om in een dag (het hy beweer), ’n album van kort stukke oor 34 verskillende kleure te skryf en op te neem.”
Persvrystelling: Liefde by die Dam
2019-08-26Agt bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars en groepe gaan vanjaar die verhoog behoorlik laat vlamvat: Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop en Loki Rothman.
Hope Masike – die nuwe prinses van mbira
2019-08-21"Hope bou haar liedjies met van mbira se tradisionele tegnieke, maar speel stadiger frases as wat jy dalk op dié instrument verwag en gebruik heelwat eggo wat hulle soos dagdrome laat hang."
007 in ’n wynkelder: ’n onderhoud met Paul Loeb van Zuilenburg
2019-08-14"Ons het twee fantastiese soliste: Juju Domingo en Jarrad Ricketts, albei boorlinge van die Kaap. Op die program, dink ek, is seker al die gunsteling-Bond-treffers."
An interview with Mike Rosenberg from Passenger
2019-08-14"Mike Rosenberg, aka Passenger, supported Ed Sheeran on his recent South African tour. The response was so fantastic that Passenger will be returning to South Africa to perform his own solo shows in Johannesburg and Cape Town in November."
Tuin van Digters 2019: Programbekendstelling
2019-08-14Die Tuin van Digters, die tuiste van die Afrikaanse digkuns, word op Vrydag 13 en Saterdag 14 September 2019 vir die agtste keer by die Breytenbach-sentrum in Burgerstraat 14 in Wellington aangebied. Lees die program hier.
Musiekproduksie: Krog
2019-08-02Krog met Hilandi du Toit, Olga Leonard, Babette Viljoen vertoon 7 Augustus om 20:30 by Die Boer. Remona Voges het met die lede van die groep gesels om meer oor die produksie te wete te kom.
Een klein tree vir Major Tom, ’n reusesprong vir David Bowie
2019-08-02"In 1969, einde Januarie of dalk vroeg Februarie, het David Bowie se fantastiese reis deur die musiekheelal begin met ’n demo wat hy en ’n vriend opgeneem het. Clareville Grove Demos is die tweede houerstel wat vanjaar uitgereik word om Bowie se deurbraak te herdenk."
Fees van die jaar: 'n oorsig van Innibos 2019
2019-07-10Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees het vir die vierde agtereenvolgende jaar die Fiësta vir Fees van die Jaar ingepalm. Maryke Roberts skryf oor haar ervaring.
Persverklaring: ’n viering van vroue by Klassique 2019
2019-07-04“Ter viering van die Vrouedag-langnaweek in Augustus, kan klassieke musiekliefhebbers by die 11de Klein Karoo Klassique musiek deur uitsonderlike vroue geniet.”
Behind the Fifth Wall
2019-06-27"To compare this scenario, where songs were routinely banned, musicians harassed and/or locked up, and parties and gigs teargassed, with the rock scene of today is like comparing porcupines with export grapes. It’s not only impossible; it’s simply not useful."
Alma Rossouw en André Terblanché loods nuwe werk
2019-06-27Op Donderdag 20 Junie het die skrywer Alma Rossouw en die sanger André Terblanché nuwe werk bekendgestel by die Bôrdienghuis, wat deel is van die Breytenbach-sentrum op Wellington.
Luisterindruk: Gevlerktes deur Lizanne Barnard
2019-06-27"Gevlerktes is iets uitsonderlik in Afrikaans. Dit klink so oud soos 'die berggans het ’n veer laat val' van Boerneef en so nuut soos HemelBesem se rap song 'Moenie worry nie'."
Talentkompetisie vir behoeftige jong kunstenaars
2019-06-06"Die onmoontlike is al danksy die Global Spotlight Talent Search-kompetisie moontlik gemaak vir kunstenaars uit moeilike sosio-ekonomiese omstandighede. Soveel sukses is al behaal dat van hulle al op wêreldverhoë opgetree het."
Die Melktert Kommissie terug met ’n nuwe enkelsnit
2019-06-03"Die hele idee agter 'Weier' en die proses met die opneem daarvan was dat ons wou hê dit moet voel soos ’n oorspronklike Melktert Kommissise song."
