Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Op soek na ’n donkiekardag

François Verster 2014-11-14 "Ek dink dis wat die Tankwa aan ’n mens doen. Die geografiese ruimte is nie al oopte daarso nie; daar is ook ruimte vir denke, vir introspeksie en vir die ontwikkeling van empatie."

Hannelie Coetzee op uitstalling by Bookbedonnerd 2014

Réney Warrington 2014-11-13 Richmond se sewende Bookbedonnerdfees het van 23 tot 25 Oktober 2014 in Richmond plaasgevind. Hannelie Coetzee, landskapkunstenaar, het kunswerke tydens die fees in verskillende ruimtes aangebring. Hier is foto's.

Floris Brown se jongste bundel op McGregor bekendgestel

Floris A Brown 2014-11-04 Floris Brown se jongste bundel, Mooiweer in my koffie, is by die onlangse Poetry Festival op McGregor bekendgestel.

US Woordfees 2015 se sestien onse

2014-10-29 Volgens Saartjie Botha, bestuurder van US Woordfees 2015, dui die tema nie net op die fees se ouderdom nie, maar is sestien onse ook ’n verwysing na die inklusiewe en diverse aard van die US Woordfees. Identiteit word bepaal deur baie verskillende faktore en mense is lankal nie meer geneë om as eendimensioneel geklassifiseer te word nie.

Spraakprobleem? Nee! Spraakoplossing!

Izak de Vries 2014-10-29 "Shantille Klaasse, van St Anna Sekondêr in Springbok, is ook geneig om te hakkel. Dít was een van die goed wat gemaak het dat sy dieper moes delf en meer moes konsentreer as enige ander deelnemer aan Saterdag se landswye Afrikaanse Spelfees vir Graad 9-Huistaalleerders."

Richmond – ’n woordlandskap tussen vergeet en onthou

Clinton V du Plessis 2014-10-28 Clinton V du Plessis het Richmond se sewende Bookbedonnderdfees bygewoon en deel sy herinneringe.

WOW se Nasionale Spelfees spook dinge hierdie naweek uit

2014-10-16 Die finale ronde van WOW se Nasionale Spelfees word Saterdag 18 Oktober in Stellenbosch aangebied. Leerders van Graad 1 tot 10 uit agt provinsies by die Universiteit van Stellenbosch bymekaarkom om hul klank- en spelvaardighede te meet.

Wenners van die pryse by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees aangekondig

2014-10-13 Drie groot produksies wat by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gedebuteer het, was duidelik in ’n kop-aan-kop-stryd deurdat elkeen in afsonderlike kategorieë pryse gewen het. 

Bekroonde RSG Kunstefees terug met die room van SA kunste

2014-10-12 "RSG Kunstefees word van Maandag 10 November tot Vrydag 14 November op 100 tot 104 FM gehou. Al die feesaanbiedinge is gratis."

’n Groep Kaapse kunstenaars in universele gesprek by Clover Aardklop Kunstefees 2014

Corlie de Kock 2014-10-09  "Die onderskeie uitstallings is uiteenlopend wat betref medium, styl en tema, maar daar ontstaan dinamiese gesprekke tussen werke wat tot nuwe betekenis lei."

Cape Town Fringe Festival: In liefde en leed

Emma Kotze 2014-10-06 Albei produksies, Quartet en Piet se optelgoed, vra ongemaklike vrae rondom die mishandeling, veral seksueel, wat daar so dikwels in verhoudings bestaan.

Clover Aardklop 2014: Magdalene Minnaar gesels oor Poskantoor

Carine Janse van Rensburg 2014-10-01 Magdalene Minnaar gesels oor die nuwe Afrikaanse opera Poskantoor.

Clover Aardklop 2014: Onderhoud oor Na-aap

De Klerk Oelofse, Naomi Meyer 2014-10-01 "Dit voel ook of dit iets is wat oor my pad móés kom."

Propvol boekeprogram by Clover Aardklop 2014

2014-09-30 Die ATKV Boeke-oase se program by vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom is oudergewoonte propvol opwindende boekbekendstellings, boekgesprekke, teatergesprekke en voorlesings. Alle gesprekke/geleenthede wat by die Boeke-oase aangebied word, is gratis.

Van geloof tot ongelykheid deel van Diskoers-gesprekke by Aardklop

2014-09-29  Aktuele kwessies soos grond, ongelykheid, geloof en die toekoms is die onderwerpe waarop daar by vanjaar se Beeld Diskoers-reeks by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees gefokus word.

Kaapstadse Fringe Festival: Verslag met die afskop

Emma Kotze, Renata Redelinghuys 2014-09-29 "So skop die eerste dag van die heel eerste Kaapstadse Fringe Festival af. Hiermee sluit Kaapstad by ’n reeks wêreldberoemde stede aan, soos Praag, Amsterdam en Edinburgh, om net ’n paar te noem, wat reeds hulle eie internasionale Fringe-feeste hou."

The Image of a Pie: Reflections on Open Book 2014

Karina Magdalena Szczurek 2014-09-25 "I should have started shedding tears at the beginning of the event, when the woman who is our national treasure, Sindiwe Magona, noticed that we were only a few people in the audience while the whole of South Africa should have been attending."

Week brengt ontwikkelingen in stroomversnelling

Ingrid Glorie 2014-09-19 Op Vrydag 19 September 2014 was in Amsterdam die afskop van die eerste Week van de Afrikaanse roman. Ingrid Glorie, koördinator van de Week en redakteur van Maandblad Zuid-Afrika, het die openingslesing gehou. 

Foto's: Tuin van Digters 2014

Naomi Bruwer 2014-09-18 Die Breytenbach Sentrum op Wellington se jaarlikse Tuin van Digters-fees het die afgelope naweek plaasgevind.

Clover Aardklop: Daar kom die Jaloersbokkies

2014-09-09 Programaanbieders Nedine Blom en Jawaahier Petersen van die radiostasie Jaloersbokkies FM hou jou geselskap terwyl jy bekoor word deur die musiek waarvan hulle die jaloerse bewakers is: Afrikaanse treffers, ghoema-musiek, Maleisiese musiek...
Top