Die US Woordfees is met groot sukses op Stellenbosch aangebied. Naomi Bruwer, Gerrit Rautenbach en Jean Oosthuizen het met hulle kameras rondgeloop.

Martie Retief Meiring, oudpresident FW de Klerk en Herman van Nazareth op ’n kunstoer
Foto © Gerrit Rautenbach

Grote kole vir Vette Mossels
Foto © Gerrit Rautenbach

Die Filosofiekafee se twee spanne bekvegters
Foto © Gerrit Rautenbach

Nanette van Rooyen
Foto © Naomi Bruwer

Stephanie Nieuwoudt en Wini Esterhuizen
Foto © Naomi Bruwer

Deborah Steinmair
Foto © Naomi Bruwer

Die politieke kommentator en dosent aan die Universiteit van Johannesburg, Piet Croukamp, berei hom voor vir een van die gesprekke tydens die US Woordfees.
Foto © Jean Oosthuizen

Kunstenaar Sandra Hanekom by die opening van haar solo-uitstalling, Museum: Van been en as
Foto © Naomi Bruwer

Saartjie Botha open die kunsuitstalling by die PJ Olivier-kunssentrum.
Foto © Naomi Bruwer

Zelda en Alex Hamilton. Alex was die kurator van die omvangryke groepuitstalling Die Alfabeter.
Foto © Naomi Bruwer

Sanlam Musiekfees: Elke woord is 'n meesterstuk.
Foto © Naomi Bruwer

Kerneels Breytenbach
Foto © Naomi Bruwer

Woordfees-rigtingwyser
Foto © Naomi Bruwer

Nou oor wie skinder Piet Croucamp en Ilza Roggeband hier?
Foto © Gerrit Rautenbach

Petrovna Metelerkamp
Foto © Naomi Bruwer

Antjie Krog
Foto © Naomi Bruwer

Katinka Heyns
Foto © Naomi Bruwer

Pieter Fourie
Foto © Naomi Bruwer

RSG se BBP’s hou dinkskrum by die BBP-oase.
Foto © Gerrit Rautenbach

Astrid de Vos en Herman van Nazareth
Foto © Naomi Bruwer

Cobus Bester
Foto © Naomi Bruwer

Francis Galloway
Foto © Naomi Bruwer

Rhoda Kadalie gesels saam op RSG.
Foto © Naomi Bruwer

Andries Bezuidenhout neem deel aan RSG se Monitor.
Foto © Naomi Bruwer

Teologiese gesprekke het groot aftrek gekry tydens die US Woordfees. Hier is Fanie Cronjé van die NG gemeente Riviera-Jakkaranda in Pretoria in gesprek met Sakkie Spangenberg van die Nuwe Hervorming Netwerk en die digter Lina Spies na afloop van een van die godsdiensgesprekke wat in die Boektent aangebied is.
Foto © Jean Oosthuizen

Danie Marais (regs) en Kerneels Breytenbach gesels oor Danie se Pruimtwak en skaduboksers.
Foto © Naomi Bruwer

Danie Marais
Foto © Naomi Bruwer

Dr John by De Vette Mossel.
Foto © Naomi Bruwer

Keina Swart
Foto © Naomi Bruwer

Martin Steyn
Foto © Naomi Bruwer

Nhoza Sitsholwana sing by De Vette Mossel.
Foto © Naomi Bruwer

Douwleen Bredenhann
Foto © Naomi Bruwer

Jean Oosthuizen
Foto © Naomi Bruwer

Herman Lategan
Foto © Naomi Bruwer

Herman Lategan
Foto © Naomi Bruwer

De Wet Potgieter gesels oor Al-Kaïda in Suid-Afrika, soos weergegee in sy omstrede boek Black Widow, White Widow (Penguin Random House).
Foto © Gerrit Rautenbach

Jo Prins
Foto © Naomi Bruwer

Die politieke kommentator en oudkoerantredakteur Harald Pakendorf en sy vrou, die joernalis Aletta Pakendorf, het oudergewoonte ook vanjaar se Woordfees bygewoon.
Foto © Jean Oosthuizen

Johan van der Merwe, Paul Colditz, Henk Botha en Hans Pietersen gesels oor godsdiens in skole.
Foto © Naomi Bruwer

Madri Victor, Izak de Vries, Riette Rust en Kerneels Breytenbach gesels oor liefde en die letterkunde: teks en seks.
Foto © Naomi Bruwer

Liefde en die letterkunde – teks en seks: Izak de Vries
Foto © Naomi Bruwer

Annie Olivier stel Deon Lamprecht en Francois Smith aan die woord.
Foto © Gerrit Rautenbach

Deon Lamprecht, skrywer van Tannie Pompie se oorlog
Foto © Naomi Bruwer

Ton Vosloo en Hermann Giliomee
Foto © Naomi Bruwer

Anet Pienaar en Theuns Eloff
Foto © Naomi Bruwer

Joan Hambidge
Foto © Naomi Bruwer

Die skare staan tou om Ikarus by Deon Meyer te laat teken.
Foto © Naomi Bruwer

Janita Holtzhauzen van NB-Uitgewers
Foto © Naomi Bruwer

Deon Meyer gesels met Jo Prins in die De Kat-sitkamer.
Foto © Naomi Bruwer

Elmarie Rautenbach en Izak du Plessis
Foto © Naomi Bruwer

Maretha Maartens
Foto © Naomi Bruwer

Naomi Meyer
Foto © Naomi Bruwer

Sua du Plessis, Maretha Maartens en Naomi Meyer
Foto © Naomi Bruwer

Anuta en Gerard Scholtz kyk wat is volgende op die program.
Foto © Naomi Bruwer

Deon Meyer
Foto © Naomi Bruwer

Ingrid Glorie kuier saam met Rinie en Hein Viljoen.
Foto © Naomi Bruwer

Anthony Dalton en Melt Myburgh vat 'n blaaskans in die Plataankafee.
Foto © Naomi Bruwer

Nanette van Rooyen en Herman van Nazareth
Foto © Gerrit Rautenbach

Madri Victor stel Kerneels Breytenbach en Elmarie Rautenbach voor in die gesprek oor Ester.
Foto © Gerrit Rautenbach

Kerneels Breytenbach en Elmarie Rautenbach gesels oor Ester.
Foto © Gerrit Rautenbach

Gerhard Groenewald gesels op RSG oor sy bierbrouery op Klipbokkop.
Foto © Gerrit Rautenbach

Foeta Krige van RSG
Foto © Gerrit Rautenbach
Kyk ook:
- Indrukke en foto's van Poolshoogte by die US Woordfees
- Foto's: André P Brink-gedenkuur by US Woordfees
- US Woordfees 2015: Foto's van Fanie Viljoen: Pleisters vir die Dooies
- US Woordfees 2015: Foto's van 16 Onse
- Sanlam | LitNet-poësieslypskool by die US Woordfees 2015
- US Woordfees 2015: Foto's vanToorwoorde roep my se opening


Kommentaar
Uitstekende foto's, veral die swart-en-wit portrette Naomi! Jy kan inskryf vir die Pullitzer, Dankie vir die visuele dokumentering van die Woordfeesprogram - so kry 'n mens ook insig in wat elders gebeur het, want 'n mens kan doodeenvoudig nie by alles uitkom nie.
Voorwaar! 'n meer indrukwekkende versameling denkers, geleerdes, bekendes, onbekendes, gesaghebbendes, twyfelaars, ervarenes en onervarenes, jeugdiges en oues, gelowiges en ongelowiges, bekeerdes en onbekeerdes, onbekeerbare bekeerdes, oortuigdes en skeptici, filosowe en bespiegelaars, noembares en onnoembares kan ek my kwalik voorstel. Almal Woordfeestelikes. Aangename kennis! Ek sou wat wou gee om dit te kon meemaak. Dit was my ongelukkig nie beskore nie. Nog nooit nie. Maar miskien in die onsekere toekoms doem die voorreg dalk onverwags op. Dan kom ek met 'n vaart! Nie omdat ek dink ek sou die tallose probleme wat julle vir seker ontbloot het op kan los nie! Maar om 'n paar meer by te voeg by die lys waarvoor ons sekerlik nie oplossings sal kry nie! Maar dit is wat dit vir my die lewe so interessant maak. En om dit alles in Afrikaans te doen. Hoe opwindend is DIT nie! Ek hoop en vertrou dat die Woorfees in Stellenbosch nog tallose jare vorentoe sal voortleef en van krag tot krag sal gaan. Moet asseblief nie moed verloor nie! Dankie aan die fotograwe. Veral Gerrit Rautenbach!