Die wenners van US Woordfees 2015 se WOORDtroFEES, ondersteun deur die ATKV, is Maandagaand tydens ’n glansgeleentheid op die wynplaas Tokara aangekondig.
Elsabé Daneel gesels met Bravo.
Debbie Human
Naomi Meyer en Gerrit Koorsen
Gigi Fourie en Juanita Swanepoel
Ulrike Vorndran
Gasheer Wessel Pretorius
Gasvrou June van Merch

Saartjie Botha, direkteur van die US Woordfees
Eugene Cloete, viserektor (navorsing en innovasie) van Stellenbosch Universiteit
Japie Gouws, besturende direkteur ATKV-groep
WOW-Onderwyser van die Jaar: Carol Adonis van Reygersdal Primêr, Atlantis
Die WOW-Skool van die Jaar-trofee gaan vanjaar aan Bernadino Heights Sekondêr.

Jan Braai was beoordelaar van die Burger-oorlog. Neethlingshof het vanjaar as wenner uit die stryd getree.

Elwin September ontvang sy trofee as US Woordfees 2015 se Feesheld van Saartjie Botha.
Loukmaan Adams
Nita Cronjé van die ATKV
Antjie Krog het die Gewildste Poësie-trofee ontvang vir Mede-wete.
Gewildste Prosa-trofee gaan aan Deon Meyer vir Ikarus. Japie Gouws het dit oorhandig.
Abel Pienaar het die Gewildste Leefstylboek-trofee ontvang vir Die dans met God.
Die Beste Visuele Kunste-aanbieding-trofee gaan aan Sandra Hanekom vir Museum: Van been en as.

HemelBesem
Joshua na die Reën het die trofee ontvang vir Beste Solo Musiekkunstenaar.
Die trofee vir Beste Musiekgedrewe Produksie is toegeken aan Zoid. Zanne. Zolani. Karen Zoid en Zanne Stapelberg het dit in ontvangs geneem.
Christine Duvenhage
Die toekenning vir Beste Nuweling by Aan de Braak gaan vanjaar aan Ont(Pop). Die aktrises Suenel van Schalkwyk en Sjanel Vosloo het ook die teks geskryf.
Richard September is aangewys as Beste Byspeler vir sy rol in Rondomskrik.
Tinarie van Wyk-Loots is bekroon as Beste Speler vir haar spel in Dogma en Orgie.
Christiaan Olwagen is aangewys as Beste Regisseur vir Dogma, Die Seemeeu en Son.Maan.Sterre.
Jana Hattingh, projekbestuurder van die US Woordfees
Deon Meyer
Elwin September
Foto's © Naomi Bruwer


Kommentaar
Die foto's is van hoogstaande gehalte. Elke persoon se prentjie vertel 'n storie, dankie Naomi.