WOORDtroFEE-wenners van 2015 aangekondig

  • 2

Die wenners van US Woordfees 2015 - 16 Onse - se gesogte WOORDtroFEES is Maandagaand tydens ’n geselligheid by die gesogte wynplaas Tokara, aangekondig.

Hulle is:

Beste Speler: Tinarie van Wyk-Loots in Dogma en Orgie.

Beste Byspeler: Richard September in Rondomskrik.

Beste Regisseur: Christiaan Olwagen vir Dogma, Die Seemeeu en Son.Maan.Sterre.

Beste Produksie: Saartjie Botha vir Dogma.

Beste Musiekgedrewe Produksie: Zoid. Zanne. Zolani. Karen Zoid, Zanne Stapelberg en Zolani Mahola met Carien Loubser as regisseur.

Beste Solo Musiekkunstenaar: Joshua na die Reën.

Beste Kontemporêre Musiekgroep: Mango Groove.

Beste Nuweling by Aan de Braak: Ont(Pop).

Beste Klassieke Musiekproduksie: Afrikaanse Lied deur die US Kamerkoor o.l.v. Martin Berger.

Beste Visuele Kunste-aanbieding:Museum: Van Been en As deur Sandra Hanekom.

Gewildste Prosa: Ikarus deur Deon Meyer.

Gewildste Leefstylboek: Die Dans met God deur Abel Pienaar.

Gewildste Poësie: Mede-wete deur Antjie Krog.

WOW-Onderwyser van die Jaar: Me. Carol Adonis, Reygersdal Primêr, Atlantis.

WOW Skool van die Jaar: Bernadino Heights Sekondêr

US Woordfees 2015 se Feesheld: Elwin September

US Woordfees 2015 se Feesheld: Joey Farao

Meer oor die US Woordfees

Die US Woordfees het in 2015 sy sestiende jaar beleef, met die tema 16 Onse, wat dui op verglydende en veranderende identiteit.

Saartjie Botha, wat vanjaar haar eerste jaar as feesdirekteur beleef het, sê vanjaar se fees, wat van 6-15 Maart op Stellenbosch aangebied is, het ’n 34% groei in kaartjieverkope op dié van die vorige jaar gewys.

Sy het genoem die feesbestuur is baie tevrede met die verloop van vanjaar se fees en sien reikhalsend uit na Fees Nommer Sewentien van 4 tot 13 Maart 2016.

  • 2

Kommentaar

  • Die Woordfeesorganiseerders het in hul "wysheid" besluit dat geen privaat kunsgalery vanjaar in aanmerking sou kom om genomineer te word vir die beste visuele uitstalling tydens die Woordfees nie. Om geen erkenning hieraan te gee is 'n klap in die gesig van alle kunstenaars, kurators en galerye wat harde werk en tyd ingesit het om hierdie deel van die Woordfees te versterk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top