Slypskool

  • 0
Tydens die US Woordfees het die Sanlam/LitNet-poësieslypskool op 7 Maart 2015 by die Protea Hotel in die Tegnopark-kompleks buite Stellenbosch plaasgevind.
Een van die deelnemers aan die werkswinkel, Antonie Döckel, het 'n gedig omtrent die geleentheid geskryf en deel dit met LitNet.

Slypskool

Versmaak leer jy by ’n slypskool
elkeen na sy aard:
Party wil vers-tel en op versvoete let
ander is weer lief vir vers-preek.
Sommige reëls moet jy vroeg
afkap
en ander word sommer weggeslyp
laat die leser dit vers-kaf

Terwyl ons leer van metafore
en om abstraksies te vermy
wonder ons of ons slypers
glo dat ons skerp kan word
of bloot slypstene bly

Lees ook 'n oorsig van die Sanlam/LitNet-poësieskool 2015.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top