Richard September, Renata Redelinghuys 2015-01-20In hierdie YouTube-onderhoud gesels Renata Redelinghuys met Richard September oor sy agt karakters in Rondomskrik wat by US Woordfees 2015 te sien is.
2015-01-06Jy kan nog inskryf vir hierdie slypskool. Kom skaaf saam met Lina Spies, Ronel Foster, Danie Marais en Nini Bennett aan jou gedigte by US Woordfees 2015. Kontak LitNet teen die 11de Februarie. Lees nog besonderhede hier.
2015-01-06LitNet se Poolshoogte-skrywerskongres het die stand van die Afrikaanse letterkunde ondersoek, 20 jaar ná demokrasie. Kom gesels saam oor die ontdekkings.
Naomi Bruwer2014-12-10Die US Woordfees 2015 is Maandag 8 Desember op die Webbersburg-landgoed bekendgestel. Kyk na foto's van dié swierige geleentheid.
Toyota Stellenbosch Woordfees2014-12-02US Woordfees 2015 gaan vir die eerste keer 'n eie feeskoerant hê! Maar wat moet die naam wees? As jou voorstel gekies word, kan jy vyf dubbelkaartjies na vertonings van jou keuse wen.
François Verster2014-11-14"Ek dink dis wat die Tankwa aan ’n mens doen. Die geografiese ruimte is nie al oopte daarso nie; daar is ook ruimte vir denke, vir introspeksie en vir die ontwikkeling van empatie."
Réney Warrington2014-11-13Richmond se sewende Bookbedonnerdfees het van 23 tot 25 Oktober 2014 in Richmond plaasgevind. Hannelie Coetzee, landskapkunstenaar, het kunswerke tydens die fees in verskillende ruimtes aangebring. Hier is foto's.
2014-10-29Volgens Saartjie Botha, bestuurder van US Woordfees 2015, dui die tema nie net op die fees se ouderdom nie, maar is sestien onse ook ’n verwysing na die inklusiewe en diverse aard van die US Woordfees. Identiteit word bepaal deur baie verskillende faktore en mense is lankal nie meer geneë om as eendimensioneel geklassifiseer te word nie.
Izak de Vries2014-10-29"Shantille Klaasse, van St Anna Sekondêr in Springbok, is ook geneig om te hakkel. Dít was een van die goed wat gemaak het dat sy dieper moes delf en meer moes konsentreer as enige ander deelnemer aan Saterdag se landswye Afrikaanse Spelfees vir Graad 9-Huistaalleerders."
2014-10-16Die finale ronde van WOW se Nasionale Spelfees word Saterdag 18 Oktober in Stellenbosch aangebied. Leerders van Graad 1 tot 10 uit agt provinsies by die Universiteit van Stellenbosch bymekaarkom om hul klank- en spelvaardighede te meet.
2014-10-13Drie groot produksies wat by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom gedebuteer het, was duidelik in ’n kop-aan-kop-stryd deurdat elkeen in afsonderlike kategorieë pryse gewen het.
Corlie de Kock2014-10-09 "Die onderskeie uitstallings is uiteenlopend wat betref medium, styl en tema, maar daar ontstaan dinamiese gesprekke tussen werke wat tot nuwe betekenis lei."
Emma Kotze2014-10-06Albei produksies, Quartet en Piet se optelgoed, vra ongemaklike vrae rondom die mishandeling, veral seksueel, wat daar so dikwels in verhoudings bestaan.