Clover Aardklop 2015-teaterproduksie: Die Waarsêer

  • 0

diewaarseer

Rolverdeling: David Rees, Neels Clasen, Hannes Brümmer, Heidi Mollentze, Anna Davel e.a.

Regie: Neels Clasen

Teks: Barry van Rensburg

Resensie:  Paul Boekkooi

By Clover Aardklop Nasionale Kunstefees, 6 tot 10 Oktober 2015

Agtergrond

Die Waarsêer is meer as net ‘n storie. Dis gegrond op ware gebeure wat in die laat 1950’s op die klein dorpie Amersfoort afgespeel het. Dis die verhaal van  Kiewiet Vogel (gespeel deur David Rees), ’n middeljarige dronklap wat sy brood verdien deur los werkies te doen.  Dit bring mee dat hy oral in dorpenaars se huise kom en waar hy ook al werk, kom hy mense se geheime agter. Niemand steur hulle egter aan Kiewiet nie, want hulle onderskat sy intelligensie en waarnemingsvermoë.

Dan word Kiewiet se sinnelose en droomlose bestaan ingrypend verander wanneer die sirkus dorp toe kom en hy skielik deur `n skynbaar toevallige sameloop van omstandighede hom in die rol van die sirkus se waarsêer bevind. Vermom met ‘n tulband en baard, weet niemand dis Kiewiet nie, maar hy ken almal - en hy ken hulle geheime. Dit plaas hom in ‘n magsposisie wat hy begin gebruik, soms met skreeusnaakse gevolge.

Ook Kiewiet bly nie onaangeraak deur die gebeure nie. As waarsêer word hy vir die eerste keer ernstig opgeneem deur die gemeenskap. Hy ontdek sy eiewaarde wat meebring dat sy lewe onherroeplik verander. Deur Kiewiet se katarsis word sekere universele lewensbeginsels subtiel oorgedra.

  • Die skrywer Barry van Rensburg het reeds bekendheid verwerf met vier komedies: Annale van ’n windgat, Ballade van ’n banggat (waarvoor Tobie Cronjé ’n Fiësta losgeslaan het), Jou gat, my skat en Die woema van ’n windgat wyfie.  Met  Die Waarsêer bewys Van Rensburg dat hy ook met sukses ernstige werk kan lewer wat met deernis en humor lewenswaardes uitbeeld.

Resensie deur Paul Boekkooi (by Innibos Kunstefees) hier te lese.

 

Die Waarsêer word tussen 6 en 10 Oktober by Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom opgevoer. Besprekings by Computicket.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top