Skrywer Chanette Paul deel haar Richmond-feesfoto's.
Breyten Breytenbach en Dominique Botha se foto's is by die laaste geleentheid Saterdagoggend geneem. Die titel van die praatjie was "Voorlesings uit Oorblyfsels". Maar die gesprek het op Breyten se aandrang 'n tweegesprek geword tussen sy poësie en Dominique s'n. Baie ontroerend. Hulle het beurtelings voorgelees – onder meer Breyten as tweede stem in 'n lang gedig van Dominique.
The Guild met 'n muurskildery van wat ek vermoed Oom Schalk Lourens van Herman Charles Bosman-faam is.
Hierdie drie foto's is van die dorp self. Die Kerk (waar daar 'n basaar was), The Supper Club (waar ons ete en drinke kon kry – danksy Peter Baker).
My gunsteling is lesende man agter tralies (my betiteling). Die muurkuns – symuur van die biblioteek. Dit het vir my gelyk asof hy heeltemal bevryd is terwyl hy lees en die toeskouer uitgesluit is. Dis hoe dit vir my ook is wanneer ek lees. Daar is tralies tussen my en die werklikheid terwyl ek my verlustig in die "werklikheid" van die storie waarin ek my bevind. Bewaar die siel van die een wat my steur. ☺
Hierdie foto is voor die biblioteek geneem waar die mense gewag het vir die volgende sessie.
Hier is Harry Kalmer in gesprek met Francois Smith oor Kamphoer. Harry het ruimgeestig aangebied om vir Francois vrae te vra.
Ongelukkig het ek nie ook 'n foto ingekry toe Harry alleen gepraat het oor 'n Duisend stories oor Johannesburg nie. Daar was te veel koppe in die pad. ☺
Foto's en teks: Chanette Paul
BookBedonnerdfees 2015
Richmond: Wat’s die telling?
Clinton V du Plessis |
|
Fotoblad deur Darryl David
Darryl David |