Chanette Paul

Chanette Paul het twee-en-dertig boeke in ’n verskeidenheid genres die lig laat sien. Twee van haar middelmoot publikasies het die kortlys van die ATKV-Prosaprys gehaal. Sedert 2007 skryf sy in die suspense-genre. Drie boeke in hierdie genre het reeds verskyn en ’n vierde is in Oktober op pad. Sy doen manuskripontwikkeling, en van tyd tot tyd ook genre-navorsing, vir Lapa Uitgewers. Sy het ’n MA in Afrikaanse en Nederlandse Letterkunde verwerf asook ’n MA in Skeppende Skryfwerk onder leiding van prof Etienne van Heerden. Sy hanteer die Afrikaanse sy van Crime Beat, ’n webwerf wat blootstelling gee aan Suid-Afrikaanse misdaadfiksie en is lid van International Thriller Writers.




Opgedateer/Updated: 2010-02-16
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za


Chanette Paul gesels oor Marilyn

Chanette Paul, Izak de Vries Skrywersonderhoude 2021-08-31

"Gebrekkige seksinligting, blote waarskuwings dat seks sonde is en dies meer, veroorsaak meer ellende as wat mens in ’n boek kan beskryf."

ATKV-Woordveertjiewenner Chanette Paul: 'n onderhoud

Izak de Vries, Chanette Paul Boeke en skrywers 2020-11-05

"Romantiese verbintenisse is dikwels juis die broeiplek van geweld. Vroue word verkrag, ook deur hulle mans. Mense word vermoor deur lewensmaats. Ontspanningsfiksie in die breë, insluitende romantiese fiksie, kan dieselfde temas aanpak as fiksie in enige ander gedaante. Dis net meer toeganklik en word anders aangebied as byvoorbeeld in hoogs literêre werke."

Chanette Paul oor Uit die bloute en reise deur haar skrywersloopbaan

Org Potgieter, Chanette Paul Skrywersonderhoude 2018-05-16

"Maar die maniere waarop mense liefkry, hoe liefde ontspring, al kwyn dit dikwels weer, is ook vir my ’n baie groot deel van die lewe se geheimenisse. Daarom hou ek as skrywer daarvan om spanning en liefde in dieselfde stoompot te gooi."

Offerlam word Sacrificed: ’n onderhoud oor die vertaling

Daleen Venter, Chanette Paul, Elsa Silke Skrywersonderhoude 2017-05-30

"Ek het skoon in tale begin droom. Dit was egter vir my ’n geweldig verrykende ervaring. Dit het my opnuut laat besef hoe soepel Afrikaans is en hoe uniek ’n mens jou daarin kan uitdruk."

Chanette Paul se #litnetwoord2016

Chanette Paul LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2016 2016-12-01

Hier is Chanette Paul se voorstelle vir 2016 se Afrikaanse woord.

Fotoblad deur Chanette Paul: BookBedonnerdfees 2015

Chanette Paul Boeke en skrywers 2015-10-28

Skrywer Chanette Paul deel haar Richmond-feesfoto's. 

LAPA Lekkerlit-wenner 2014: Onderhoud met Chanette Paul

Chanette Paul, Naomi Meyer PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2015-07-07

"Ek het immers aan die begin van my skryfloopbaan romanses geskryf, wat maar net die moderne weergawe van die sprokie is. Ewebeeld was so half en half ʼn korrektief op my romanses."

Top