
LitNet bied op 5 Maart ’n reisverhale-slypskool aan met skrywers Johan Bakkes, Gerrit Rautenbach en Nanette van Rooyen aan die woord. Daar is beperkte plek beskikbaar en voornemende deelnemers moet so gou moontlik ’n reisverhaal van maksimum 1000 woorde instuur om in aanmerking te kom. Die verhale sal tydens die slypskool bespreek, behandel en verbeter word. Die beste verhale sal mettertyd op LitNet gepubliseer word.
Die Woordfees se tema vanjaar is "Bly", maar vir reis voer ons die saak effe verder: jou verhaal moet aansluit by die tema "Bly om te ry". Jy kan besluit hoe letterlik of filosofies jy dit wil interpreteer. Lekker skryf en stuur jou verhaal of navrae na reis@litnet.co.za voor of op 15 Februarie 2016.
Datum van slypskool: 5 Maart 2016, 9:00 – 15:00
Plek: Welgevonden Wynlandgoed, Stellenbosch
Koste: R500 (middagete ingesluit)
Die slypskool word ondersteun deur Sanlam.



Kommentaar
Mag ek asseblief teenwoordig wees indien daar plek is? Ek is 'n eerstejaar student - kreatiewe skryfkuns deur Unisa.
Marie, stuur jou reisverhaal (maksimum 1000 woorde) in na reis@litnet.co.za en ons laat weet jou.
Ek is my in 60ste jaar leerskool en wil graag inskryf vir die slypskool. Sal my verhaal na reis@litnet.co.za stuur. My skryfnaam is Magda C. Venter.
Baie dankie ek stel ook belang in reisverhale. Ek stuur dadelik my kinderreisverhaal.
Kan ons die verhaal as artikel interpreteer?
****
Ja, stuur gerus in.