Foto's: ABC van die US Woordfees (1)

  • 0

Adam Small, Amanda Strydom, Anton Goosen – en dis net die begin. Kyk na die alfabetfoto's van die feesprogram-bekendstelling van 16 November 2015 vir 'n voorsmakie van die US Woordfees 2016.

 

A is vir Adam Small, Amanda Stydom en Anton Goosen

w6

Rosalie en Adam Small
Op die Sanlam Musiekfeesprogram 2016 speel die produksie Kô, lat ons sing!. In hierdie 80ste verjaardaghuldeblyk aan Adam Small word die digter en dramaturg se legendariese woorde gevier in sang en musiek, en in gesproke vorm.
Met: Koos Kombuis, Natalia da Rocha, June van Merch, Wessel Pretorius en die Solms Delta Musiekprojek.

wf35

Amanda Strydom 
Die tema van die US Woordfees 2016 is BLY.

wf12

'n Woordfees-produksie om nie mis te loop nie: Amanda loop die pad nou 60 jaar.
Met: Amanda Strydom, Anna Davel, Brandon October, Coenie de Villiers, Gloria Bosman, Joshua na die Reën, Stef Bos, Die Libertaskoor, onder leiding van Johan de Villiers.

wf18

Schalk Joubert, Anton Goosen en Churchill Naudé

wf7

Liedjieboer Anton Goosen

 

B is vir Banks en Blondes

wf37

Komediant Mark Banks ("I will now play A Nocturne in A flat in Afrikaans: 'n Nocturne in 'n woonstel")

wf40

Zorada Temmingh, een van die twee Blondes

wf1

Beste Blondes is een van die hoogtepunte van die Klassieke Musiekprogram 2016.
Met: Elna van der Merwe, Zorada Temmingh en Kevin Gibson (tromme).

w7

Elna van der Merwe en Zorada Temmingh se verwerkings vir twee klaviere van klassieke en ligte musiek vermaak gehore reeds die afgelope tien jaar. Beste Blondes bevat hul hoogtepunte, op ’n vars manier aanmekaar geskakel, maar steeds met hul eiesoortige vernuf en humor.

 

C is vir Clover Aardklop

wf6

Santoni Engelbrecht en Kobus Lodewyckx is deel van die Clover Aardklop-span.

 

D is vir die Dagbreek Trust

wf19

Theuns Eloff, voorsitter van die Dagbreek Trust

 

like_litnet_op_facebook• Kyk nog alfabetfoto's by:
Woordfees fotoblad 2 en Woordfees fotoblad 3

 

Foto’s deur Imke van Heerden
Byskrifte deur Naomi Meyer

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top