In memoriam

Op hierdie blad bring LitNet hulde aan diegene
wat ons lewens geraak het.

On this page LitNet pays tribute to those
who have touched our lives.

Gerrit Brand (27.06.1970 – 05.03.2013)

2013-03-05 Gerrit Brand, oud-medewerker van LitNet, is oorlede. Hy is op 27 Junie 1970 gebore en het op 5 Maart 2013 gesterf.

Pieter W Grobbelaar: 25/12/1930 – 19/01/2013

Matilda Burden 2013-02-06 "Met sy reuse-intellek, ongelooflike algemene kennis, droë humorsin en bowenal sy diepgaande vakkennis het Pieter W Grobbelaar nie net boeke en artikels geskryf nie, maar ook jongmense help vorm wat op húlle beurt weer bydraes kon lewer, en sodoende ’n rimpeleffek uitgestuur wat nog lank sal bly uitkring."

Stil, daar gaan 'n man verby - Louis Luyt

Yuri Thumbran 2013-02-04 "Ondanks mense se sieninge, was Louis Luyt ‘n reus in die Suid-Afrikaanse samelewing. Sakeman, rugbybaas, politikus …"

Top 12 2012: Menings

2012-12-19 Hieroor het opinies op LitNet gedurende 2012 ontvlam ...

In Memoriam: Jakes Gerwel

Jason Lloyd 2012-12-07 "Die ontydige dood van Jakes Gerwel is ’n geweldige slag vir die hele land, maar veral vir sy gemeenskap – die bruin mense."

Gert Johannes (Jakes) Gerwel: 18 Januarie 1946 – 28 November 2012

2012-12-03 "Die nuus was nie onverwags nie. Net voordat Ivor Price, die Monitor-joernalis, op Woensdagoggend 28 November 2012 ’n raps na ses gebel het, het Survivor, ons kat, ’n tortelduif gevang en haar prooi onder ’n struik ingesleep. Skrywers en letterkundiges sou ietwat meer betekenis aan so ’n toevalligheid geheg het, want katte is immers in talle kulture die draers van simboliese waardes: enigmaties, intelligent, onafhanklik, afsydig ..."

PEN Afrikaans neem afskeid van Jakes Gerwel

2012-11-29 PEN Afrikaans hou ’n "wake" vir Jakes Gerwel in Pretoria waar vriende en bekendes saam kan afskeid neem van hom.

Jakes Gerwel: 18 Januarie 1946 – 28 November 2012

Steward van Wyk 2012-11-28 "Die Departement Afrikaans en Nederlands huldig Jakes Gerwel as ’n gewaardeerde kollega, dosent en mentor en grondlegger van die departement. Ons wat onder hom studeer het en met hom saamgewerk het, is dankbaar vir die voorreg om in die kragveld van sy ryk gees te kon leef."

Twitter gons oor Gerwel se dood

2012-11-28 Joernaliste, politici, musikante en verskeie ander figure het teen Woensdagmiddag getweet oor die dood van prof Jakes Gerwel.

In Memoriam: Ampie Coetzee onthou Jakes Gerwel

Ampie Coetzee 2012-11-28 Wanneer 'n groot vriend sterf, kom gedagtes by jou op van die tye waar julle saam was, Dan onthou jy meer en meer, en dan raak die onthou seer.

Jakes Gerwel "’n uitstaande rolmodel"

Henry Jeffreys 2012-11-28 "Hy was die aktivis-professor wat nie geskroom het om sy plek in die voorste linies in te neem teen die onregte en vergrype van apartheid nie."

Die jaar 1983 – drie boeke, drie denkers in ’n drempeltyd

Francis Galloway 2012-11-28 Jakes Gerwel se Literatuur en Apartheid staan as baken en padwyser geplant in die jaar 1983. Francis Galloway skryf In Memoriam oor sy bydrae tot ’n kritiese gesprek wat seker as een van die belangrikste studies oor die Afrikaanse literatuur gereken word.

In Memoriam: Louis van Rensburg

Richard van der Westhuizen 2012-09-12 "Nou is Louis stil. Ek kan dit nog nie glo nie. Maak nie saak wat mens dink van 7de Laan nie – as die Soweto String Quartet lostrek met Louis se temaliedjie, weet jy presies wat dit is. En in hierdie dae van sinnelose doef-doef en breinlose dansmusiek word die gehoor nog steeds stil as iemand die eerste note van “Voshaarnooi” speel."

Veeltalige huldeblyk aan Neville Alexander

Nomfundo Mali 2012-09-07 "Die XhosAfrika-netwerk steier nog steeds van skok oor die nuus van die afsterwe van prof Neville Alexander, internasionaal gerekende opvoedkundige, taalsosioloog, taalregte-aktivis, en vertroude kollega, mentor en vriend."

Neville Alexander (22 Oktober 1936 – 27 Augustus 2012)

Hein Willemse In memoriam 2012-08-29

"Dit was ’n voorreg om Neville Alexander te ken. Sy afkeer van vertoon, sy medemenslikheid, sy ewigdurende stryd om gewone mense se potensiaal bloot te lê en sy beginselvaste antirassigheid is navolgenswaardig."

SA Akademie: Hulde aan die nagedagtenis van dr Neville Alexander

2012-08-28 Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bring hulde aan die nagedagtenis van dr Neville Alexander.

Lank lewe Neville Alexander!

2012-08-28 "Ons kon vir ure gesels, en die lesse wat ek by hom geleer het, het my in staat gestel om hom later as voorsitter van die Wes-Kaapse Taalkomitee op te volg terwyl hy ook gereeld advies gegee het oor hoe om kernvraagstukke binne die ATR te hanteer." Michael le Cordeur skryf oor wyle Neville Alexander.

Opgedra aan Neville Alexander

Christo van der Rheede 2012-08-28 Opgedra aan Neville Alexander ...

Neville Alexander (1936–2012): ons annerlike taalman

Theodorus du Plessis 2012-08-27 "Die oomblik van ontmoeting tydens ’n teepouse was kortstondig, maar byna oorweldigend. Teen daardie stadium was ek wel deeglik onder die indruk van die statuur van hierdie nuwe taalman."

Velerlei ontmoetings met PH Nortje

Danie Botha 2012-07-18 "Ek het in PH Nortje se werk en in ons ontmoetings iemand leer ken wat met humor kon skep, maar nooit laf was nie; wat dikwels bekommerd gefrons het, wat sekerlik baie mensekennis had, wat milddadig met sy wysheid was."
Top