Noordwes Universiteit bring hulde aan Madiba

  • 0

Noordwes Universiteit bring hulde aan Madiba

Die Noordwes-Universiteit (NWU) verseker graag voormalige President Nelson Mandela se familie, vriende en ons landgenote van ons gebede en ondersteuning in hierdie tyd van rou. Gister het Suid-Afrika en die res van die wêreld ’n ikoniese leier verloor wat nie net vorm gegee het aan Suid-Afrika se geskiedenis nie, maar ook ’n groot rol gespeel het in die stryd vir demokrasie. Sy invloed het baie verder as sy geliefde land gestrek en sy stryd vir gelykheid tussen rasse het regdeur die wêreld weerklank gevind.

“Die NWU erken met dank aan ons Hemelse Vader, die talente waaroor Madiba beskik het, en wat hy so effektief in belang van sy land en die mensdom aangewend het.  Ons voormalige President se wysheid, passie en vasberadenheid om ‘n nie-rassige demokrasie tot stand te bring, sal monumente van sy lewenswerk bly.

Ons sal onthou...” was die woorde van dr Theuns Eloff, Visekanselier van die NWU.

 

Terug na die Nelson Mandela Gedenkmuur

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top