In Memoriam: Willem Cruywagen

  • 0

Die ATKV neem met hartseer kennis van die afsterwe van Willem Cruywagen, voormalige minister en oud-administrateur van Transvaal.

“Dr. Cruywagen was ’n innemende en passievolle Suid-Afrikaner wat baie vir Suid-Afrika en vir Afrikaans beteken het”, sê Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep. “Sy kultuurbydrae oor jare en tot op die laaste, was en is steeds ’n voorbeeld vir ons almal”.

Gouws het verwys na sy laaste ontmoeting met Cruywagen. “Ek en Danny Titus, die uitvoerende direkteur: kultuur van die ATKV, het kort na Oom Willem se onlangse 92ste verjaarsdag en net voordat hy siek geword het, saam met hom en sy eggenote Snow middagete geëet. Dit het ons weer eens die dag getref watter merkwaardige man hy was en watter belangrike rol hy oor jare, ook tydens en ná die 1994-oorgangsjare, in Suid-Afrika gespeel het. Hy het ook ’n onmiskenbare bydrae gelewer in die vestiging van die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting as belangrike nasionale bates.”

Die ATKV betuig simpatie met Snow Cruywagen en haar familie met die afsterwe van hul geliefde. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top