Einstein-kompetisie
Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som.
Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit.
• Klik hier vir nog inligting.
Einstein-kompetisie: Risha Lötter
2016-05-09Risha werk as opvoedkundige tolk by die Universiteit Stellenbosch en is deeltyds besig met haar meestersgraad in tweedetaalstudies.
Einstein-kompetisie: Vonette Smit
2016-05-09Vonette Smit is 'n meestersstudent aan die Noordwes-Universiteit.
Einstein-kompetisie: Nicola van der Westhuizen
2016-05-05Nicola van der Westhuizen is 'n gekwalifiseerde bedryfsielkundige en tans 'n voltydse doktorsgraadstudent in bedryfsielkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Haar doktorale studie handel oor die voortslepende krisis waarin basiese onderwys in Suid-Afrika verkeer.
Einstein-kompetisie: Andrea Scholtz
2016-05-05Andrea Scholtz is 'n lektor en voornemende doktorsgraadstudent aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Hy het 'n passie vir probleemoplossing en wiskundige modelbou.
Einstein-kompetisie: Janina Theron
2016-05-05Janina Theron is tans 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Mense beskou haar in die algemeen as ‘n ekstrovert, maar sy weet nie altyd so mooi nie.
Einstein-kompetisie: Alwyn Roux
2016-05-05Alwyn Roux is 'n dosent in literatuurwetenskap en kreatiewe skryfkuns aan Unisa en het in 2015 sy doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands oor landskap in die latere werk van Breyten Breytenbach en Lucebert voltooi.
Einstein-kompetisie: Victor Correia
2016-05-05Victor Correia is 'n dosent by Aros (Akademie vir Reformatoriese Opleiding en Studies).
Einstein-kompetisie: Frederick J Botha
2016-05-05Frederick J Botha is 'n vryskutskrywer en resensent van Kaapstad wat tans besig is met sy proefskrif in Afrikaans en Nederlands aan die NWU (Potchefstroomkampus).
Einstein-kompetisie: Werner Pretorius
2016-05-05Werner Pretorius is 'n prokureur en entrepreneur wat tans in Nederland studeer.
Einstein-kompetisie: Lia Bester
2016-05-05Lia Bester is 'n poësieliefhebbende meestersstudent wat die nostalgie van Stellenbosch se strate, rooiwyn en musiek tussen deur die uitdagings van chemiese ingenieurswese waardeer.
Einstein-kompetisie: Zibeth Hansen
2016-05-05Zibeth Hansen is 'n kliniese sielkundige wat tans met onder andere geweldsmisdadigers in 'n korrektiewe sentrum werk.
Einstein-kompetisie: Carina Bruwer
2016-05-05Carina Bruwer hoop om in Desember 2017 haar PhD-graad te verwerf, waarna sy hoop om haar kennis te gebruik om die samelewing 'n veiliger en meer verdraagsame plek te maak.
Einstein-kompetisie: Juan Swanepoel
2016-05-05Juan Swanepoel het van kleins af 'n passie vir die natuur en biologie gehad, en was een van die min jongmense wat presies geweet het wat hy na skool wou doen. Hy het besluit om nagraads op plantekologie te fokus.
Einstein-kompetisie: Anelda Marx
2016-05-05Anelda Marx studeer Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch.
Einstein-kompetisie: Erika Fourie
2016-05-05Erika Fourie het haar PhD in risiko-analise (met spesifieke fokus op kredietgraderingsmetodologieë) in 2015 voltooi.
Einstein-kompetisie: Anneen Church
2016-05-05Anneen Church is 'n meestersstudent aan die Universiteit van die Vrystaat.
Einstein-kompetisie: Chrismi-Rinda Loth
2016-05-05Chrismi-Rinda Loth studeer linguistiek en taalpraktyk aan die Universiteit van die Vrystaat.
Einstein-kompetisie: Wouter de Wet
2016-04-28In 2015 het Wouter de Wet na die pragtige Oos-Vrystaat verhuis, en is tans 'n dosent in geskiedenis op die Qwaqwa-kampus van die Universiteit van die Vrystaat. Hy is ook besig met sy PhD.
Einstein-kompetisie: Nathaniel McGregor
2016-04-28Nathaniel McGregor is in 2016 aangestel as lektor in die Departement Genetika aan die Universiteit Stellenbosch. Op die oomblik gee hy klas in verskeie modules in inleidende genetika en farmakogenetika.

