Einstein-kompetisie
Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som.
Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit.
• Klik hier vir nog inligting.
Einstein-kompetisie: Sumari van Biljon
2016-05-23Sumari doen haar doktorsgraad in spraak-taalpatologie en oudiologie aan die Universiteit van Pretoria.
Einstein-kompetisie: Erik Loots
2016-05-23"Ons ingenieurs is nou nie bekend vir ons skryfkuns nie, tog hou almal van 'n paar woorde aanmekaar lap (veral as jy eerder aan jou tesis moet tik). As iemand my Kalaharikind noem, sal ek nie kla nie."
Einstein-kompetisie: Bhivek Singh
2016-05-23Bhivek is 'n meestersstudent in fisika met 'n fokus op kernfisika aan die Universiteit van Wes-Kaapland.
Einstein-kompetisie: Lida-Mari Groenewald
2016-05-23Lida-Mari is ‘n natuurwetenskap-meestersstudent aan die Universiteit Stellenbosch.
Einstein-kompetisie: Coert Erasmus
2016-05-23Coert studeer finansies, risikobestuur en bankwese by Unisa.
Einstein-kompetisie: Jessica Vervalle
2016-05-22Jessica het nog altyd 'n belangstelling in biologie gehad. Sy werk by die Departement Genetika as laboratoriumbestuurder, en doen ook haar doktorsgraad as deel van 'n samewerkingsprojek tussen die LNR en Universiteit Stellenbosch.
Einstein-kompetisie: Nicolette Hall
2016-05-21Nicolette het in 2015 haar PhD in menslike voeding aan die Universiteit van Pretoria oor die volhoubaarheid van Suid-Afrikaanse rooivleis uit 'n mensvoedingsoogpunt voltooi.
Einstein-kompetisie: Antoinette Burger
2016-05-21Antoinette is 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit Kaapstad. Sy spesialiseer in neurowetenskap, met MRS ('n vorm van MR-skandering) as primêre tegniek waar sy ondersoek instel na die verandering in breinmetabolisme van mense wat tik gebruik.
Einstein-kompetisie: Janah Miller
2016-05-20Janah is 'n prokureur wat in omgewingsreg spesialiseer by Cullinan & Associates. Sy is ook tans besig met haar meestersgraad in regte by die Universiteit van Wes-Kaapland.
Einstein-kompetisie: Elizabeth Deysel
2016-05-20Elizabeth is 'n tolk in die Taaldiens van die parlement van die Republiek van Suid-Afrika. Sy was koördineerder van 'n projek tussen die Universiteit van die Vrystaat en die Departement Justisie om 100 hoftolke regoor Suid-Afrika in 'n Nasionale Diploma op te lei.
Einstein-kompetisie: Tersia Conradie
2016-05-19Tersia studeer mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch.
Einstein-kompetisie: Nicolene van der Sandt
2016-05-19Nicolene is tans 'n meestersstudent in kliniese aptekerswese by die Sefako Makgatho Gesondheidswetenskappe-universiteit. Navorsing is haar passie en sy glo dat sy nog 'n lang pad gaan stap in die navorsingsveld.
Einstein-kompetisie: Marisca Esterhuysen
2016-05-19Marisca se motto is: Niemand kan kennis van jou af wegneem nie.
Einstein-kompetisie: Christiaan Johann Swanepoel
2016-05-18Christiaan voltooi sy meestersgraad in die Universiteit Stellenbosch se Departement Biochemie.
Einstein-kompetisie: Ellré Jacobs
2016-05-18Ellré het onlangs haar meestersgraad in musiekwetenskap voltooi. Sy gee musiek en bewegingsklasse by 'n privaatskool in Noordwes.
Einstein-kompetisie: Andrea Fourie
2016-05-18Andrea is 'n plaasmeisie van Sutherland. Sy stel belang in operasionele navorsing, kunsmatige intelligensie, masjienleer en data-ontleding.
Einstein-kompetisie: Manitza Kotze
2016-05-18Manitza het haar PhD in 2013 aan die Universiteit Stellenbosch verwerf in sistematiese teologie en bio-etiek.
Einstein-kompetisie: Chris Joubert
2016-05-18Chris is 'n jong elektriese ingenieur wat omgee oor die toekoms van energie in Suid-Afrika. Hy is tans betrokke by die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energie Studies in Stellenbosch.
Einstein-kompetisie: Imke Kritzinger
2016-05-18Imke is 'n doktorsgraadstudent in hortologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy doen navorsing oor vogverlies in Japanese pruime en het in 2016 'n meestersgraad in hortologie voltooi, waarin sy gefokus het op gebreekte pitte in Japanese pruime.
Einstein-kompetisie: Florence Coertzen
2016-05-17Florence studeer Afrikaans en Nederlands aan Noordwes-Universiteit.

