Einstein-kompetisie

la600einstein

 

einsteinlogo200Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som.

Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit. 

• Klik hier vir nog inligting.

Einstein-kompetisie: Mariska Nel

Mariska Nel Einstein-kompetisie 2016-06-22

Mariska is tans besig met 'n PhD aan die NWU. Haar navorsingsbelangstellings sluit forensiese linguistiek en outeurskapidentifikasie in.

Einstein-kompetisie: Willemien Calitz

Willemien Calitz Einstein-kompetisie 2016-06-21

Willemien is ongelooflik passievol oor navorsing en om studente te leer dink. Om hulle wêreld oop te maak.

Einstein-kompetisie: Germarié Viljoen

Germarié Viljoen Einstein-kompetisie 2016-06-21

Germarié is 'n navorser op die terrein van sakereg en omgewingsreg. Sy doseer geskiedenis van die Suid-Afrikaanse reg, wetsuitleg, staatsreg, sowel as sakereg op voor- en nagraadse vlak.

Einstein-kompetisie: Stephan Kistner

Stephan Kistner Einstein-kompetisie 2016-06-20

Stephan studeer tans in Stellenbosch. Hy is mal oor die oseaan en berge. Daarom is dit net gepas dat sy navorsing fokus op die see.

Einstein-kompetisie: Danell de Wet

Danell de Wet Einstein-kompetisie 2016-06-20

Danell is ’n meestersstudent in erfenis- en kultuurtoerisme aan die Noordwes-Universiteit.

Einstein-kompetisie: Lize Swartz

Lize Swartz Einstein-kompetisie 2016-06-20

Lize doen navorsing in ontwikkelingstudies aan die Erasmus-universiteit Rotterdam.

Einstein-kompetisie: Annica Steyn

Annica Steyn Einstein-kompetisie 2016-06-20

Annica het hierdie jaar haar MSc in mikrobiologie verwerf. Sy is 'n diere- en natuurliefhebber wat hou van bordspeletjies, 'n goeie boek en kuier om die kampvuur.

Einstein-kompetisie: Adriaan Jean Vermaas

Adriaan Jean Vermaas Einstein-kompetisie 2016-06-20

Adriaan studeer regte aan Tilburg-universiteit in Nederland.

Einstein-kompetisie: Theunis Smit

Theunis Smit Einstein-kompetisie 2016-06-17

Theunis is 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit van Pretoria en ‘n tegniese adviseur vir makadamiaboere in die Laeveld en KwaZulu-Natal. 

Einstein-kompetisie: Chané Kruger

Chané Kruger Einstein-kompetisie 2016-06-17

"Voedselwetenskap is 'n groot liefde by my, en nee, ons is nie sjefs nie!"

Einstein-kompetisie: Herman Kamper

Herman Kamper Einstein-kompetisie 2016-06-17

Herman is 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit van Edinburgh, waar hy werk aan rekenaar-algoritmes wat probeer om outomaties die struktuur van taal vas te vang.

Einstein-kompetisie: Riandi Müller

Riandi Müller Einstein-kompetisie 2016-06-16

Riandi is ’n kunsgeskiedenis-meestersstudent aan die Noordwes-Universiteit. Sy geniet kuns en reis, sowel as enigiets wat daarmee gepaard gaan.

Einstein-kompetisie: Jacobus Diener

Jacobus Diener Einstein-kompetisie 2016-06-14

Jacobus is 'n teoretiese kernfisikus wat probeer help om die binnekant van neutronsterre te verstaan.

Einstein-kompetisie: Nina Müller van Velden

Nina Müller van Velden Einstein-kompetisie 2016-06-14

Nina het in 2014 'n MTh in Nuwe Testament aan die Universiteit Stellenbosch binne die program Gender, Gesondheid en Teologie voltooi.

Einstein-kompetisie: Giselle Botha

Giselle Botha Einstein-kompetisie 2016-06-14

"Die verlede is onlosmaaklik deel van ons taalerfenis, maar wat met die kennis van die verlede gedoen word, bepaal wat in die toekoms gebeur."

Einstein-kompetisie: Liezl Dick

Liezl Dick Einstein-kompetisie 2016-06-13

Liezl is 'n doktorsgraadstudent in die Departement Opvoedkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.

Einstein-kompetisie: Gideon Wentink

Gideon Wentink Einstein-kompetisie 2016-06-13

Gideon is verbonde aan die Afrikasentrum vir Rampstudies van die NWU. Hy het sy voorgraadse studie in kommunikasie aan dieselfde universiteit behaal.

Einstein-kompetisie: Jacobus du Plooy

Jacobus du Plooy Einstein-kompetisie 2016-06-13

Jacobus is 'n honneursstudent in die Departement Moderne Vreemde Tale aan die Universiteit Stellenbosch.

Einstein-kompetisie: Noreth Muller-Kluits

Noreth Muller-Kluits Einstein-kompetisie 2016-06-13

Noreth het 'n groot passie vir hierdie tema, aangesien sy eerstehands gesien het hoe ouers en families met beperkte ondersteuning moes aanpas by gestremdheid.

Einstein-kompetisie: Lynley Abdoll

Lynley Abdoll Einstein-kompetisie 2016-06-09

Lynley is 'n voltydse student, hou van jol en is 'n aktiewe Rotariër.

Top