Einstein-kompetisie

la600einstein

 

einsteinlogo200Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som.

Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit. 

• Klik hier vir nog inligting.

Einstein-kompetisie: Adean van Dyk

Adean van Dyk Einstein-kompetisie 2016-07-01

Adean sit graag op Muizenberg se strand en bedink die intertekstuele verhoudings tussen letterkunde, kuns en films.

Einstein-kompetisie: Nicolette Wright

Nicolette Wright Einstein-kompetisie 2016-06-27

Nicolette is deeltyds besig met 'n doktorsgraad wat fokus op verskeie aspekte van voorkoming van hondsdolheid in honde.

Einstein-kompetisie: Nico Smit

Nico Smit Einstein-kompetisie 2016-06-27

Nico, die skrywer van Kruis voor my uit, is tans in sy gemeentejaar om 'n dominee te word.

Einstein-kompetisie: Liana Jansen van Rensburg

Liana Jansen van Rensburg Einstein-kompetisie 2016-06-27

Liana hoop om 'n meestersgraad in neurolinguistiek te voltooi, omdat sy graag wil weet wat in die brein gebeur wanneer mens taal gebruik. 

Einstein-kompetisie: Mariëtte van Graan

Mariëtte van Graan Einstein-kompetisie 2016-06-27

Mariëtte doseer akademiese geletterdheid, maar haar hart en haar navorsing lê in die Afrikaanse letterkunde. Sy spook in die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale ... Vir nou.

Einstein-kompetisie: Fredrick Kotzé

Fredrick Kotzé Einstein-kompetisie 2016-06-27

Fredrick is tans besig met 'n MTh in sistematiese teologie. Hy studeer in Engels, maar leef en droom in Afrikaans.

Einstein-kompetisie: Jessica Rochefort

Jessica Rochefort Einstein-kompetisie 2016-06-27

Jessica is 'n praktiserende plantpatoloog en werk vir 'n plantverbeteringsorganisasie.

Einstein-kompetisie: Charlotte Cilliers

Charlotte Cilliers Einstein-kompetisie 2016-06-27

Charlotte is ’n omgewingskonsultant en woon in Potchefstroom.

Einstein-kompetisie: Werner Brand

Werner Brand Einstein-kompetisie 2016-06-27

Werner studeer diereteling aan die Universiteit van Pretoria.

Einstein-kompetisie: Lucinda Sutton

Lucinda B Sutton Einstein-kompetisie 2016-06-24

Lucinda is ’n dosent by die Skool vir Kommunikasiestudies aan die Noordwes-Universiteit.

Einstein-kompetisie: Xandri Schoultz

Xandri Schoultz Einstein-kompetisie 2016-06-24

Xandri het in 2013 die S2A3-bronsmedalje vir die mees uitstaande meestersgraad in die wetenskapafdeling van die NMMU ontvang.

Einstein-kompetisie: Andri Schoonen

Andri Schoonen Einstein-kompetisie 2016-06-24

Andri geniet dit om met jong volwassenes in haar beroepsrigting te werk sodat hulle beter voorbereid sal wees vir wat na hul opleiding wag.

Einstein-kompetisie: Lizanne de Villiers

Lizanne de Villiers Einstein-kompetisie 2016-06-24

Lizanne is tans 'n voltydse meestersgraadstudent in natuurwetenskappe-onderwys met 'n fokus op inheemse kennis.

Einstein-kompetisie: Douw Bodenstein

Douw Bodenstein Einstein-kompetisie 2016-06-24

Douw is 'n omgewingswetenskaplike wat sy graad in omgewings- en biologiese wetenskappe aan die Noordwes-Universiteit behaal het.

Einstein-kompetisie: Leané Meiring

Leané Meiring Einstein-kompetisie 2016-06-24

Ná die voltooiing van haar verhandeling aan die Universiteit van die Witwatersrand sal Leané een van die eerste geregistreerde dramaterapeute in die land wees.

Einstein-kompetisie: Monique Waso

Monique Waso Einstein-kompetisie 2016-06-24

Monique se navorsing handel oor reënwater as 'n alternatiewe varswaterbron en alternatiewe fekale indikators wat gebruik mag word om waterkwaliteit te monitor.

Einstein-kompetisie: Adri Meyer

Adri Meyer Einstein-kompetisie 2016-06-24

Adri het in 2014 haar meestersgraad in omgewingsreg aan die Universiteit Kaapstad voltooi.

Einstein-kompetisie: Metha-Miré Viljoen

Metha-Miré Viljoen Einstein-kompetisie 2016-06-23

Metha-Miré is tans ’n meestersstudent aan die Universiteit van Pretoria en ondersoek kulinêre letterkunde in Afrikaans.

Einstein-kompetisie: Wynand van Jaarsveld

Wynand van Jaarsveld Einstein-kompetisie 2016-06-23

Wynand het ’n passie vir natuurlewe en biologie en het daarom besluit om sy graad in molekulêre biologie en biotegnologie te doen.

Einstein-kompetisie: Jou laaste kans

LitNet Einstein-kompetisie 2016-06-22

Studeer jy tans, of het jy ná 2012 graad gevang? Jong navorsers het tot 29 Junie om vir die Einstein-kompetisie in te skryf.

Top