Einstein-kompetisie
Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som.
Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit.
• Klik hier vir nog inligting.
Einstein-kompetisie: Tobi Louw
2016-06-01"Nes 'n mikroskoop verskaf wiskunde 'n blik op die wonderlike wêreld wat van ons sintuie versteek is."
Einstein-kompetisie: Michelle van der Spuy
2016-06-01Michelle is die afgelope twee jaar 'n joernalis by Eikestadnuus en voltooi tans haar meesters in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch.
Einstein-kompetisie: Josua Loots
2016-06-01Josua werk by die Sentrum vir Menseregte, Universiteit van Pretoria. Hy bestuur gereeld navorsingsprojekte wat fokus op besigheid en menseregte vir verskeie organisasies, wat die Afrika-Unie en die Verenigde Nasies insluit.
Einstein-kompetisie: Reghard Brits
2016-05-31Reghard is 'n senior lektor in die Departement Handelsreg aan die Universiteit van Pretoria. Sy navorsingsfokus is versekerde krediettransaksies en saaklike sekerheidsregte.
Einstein-kompetisie: Inge Snyman
2016-05-31Inge se navorsing lê klem op die beskerming van biodiversiteit (meer spesifiek wilde diere) teen die aanslae van onwettige aktiwiteite.
Einstein-kompetisie: Pieter Muller
2016-05-30Ons eerste inskrywing vanuit Nieu-Seeland! Pieter is ’n dosent aan die Universiteit Auckland se Skool vir Biologie en Wetenskap.
Einstein-kompetisie: Henriette van der Zwan
2016-05-30Henriette se projek fokus op lovebirds en is 'n wonderlike geleentheid om voëltelers in staat te stel om beter en meer wetenskaplik te teel.
Einstein-kompetisie: Deon du Plessis
2016-05-30Deon hoop dat sy navorsing ons begrip van taal sal uitbrei. Die uiteindelike doel hieragter is dat ons ingeligte besluite kan neem oor taalbeleid, veeltaligheid en algehele taalinklusiwiteit in openbare ruimtes.
Einstein-kompetisie: Ilse du Preez
2016-05-27Ilse het haar doktorsgraad in 2014 verwerf, waartydens sy vele nominasies ontvang het, pryse gewen het en talle aanbiedinge by kongresse gelewer het. Sy is tans werksaam by die WNNR.
Einstein-kompetisie: Marinus de Jager
2016-05-25Marinus is 'n nadoktorale genoot aan die Universiteit Stellenbosch wat navorsing doen oor plant-dier-interaksies, veral die bestuiwing van fynbos en Namakwalandse madeliefies.
Einstein-kompetisie: Monray Belelie
2016-05-25Monray is besig met sy meestersgraad in omgewingswetenskap aan die Noordwes-Universiteit. Kwik fassineer hom – nie net omdat dit 'n vloeibare metaal is nie, maar ook omdat dit nie uit die omgewing verwyder kan word nie.
Einstein-kompetisie: Wihan Pretorius
2016-05-25Wihan is tans besig om sy meesters in geografie en omgewingsbestuur te voltooi. Sy projek handel oor volhoubare landboupraktyke en omgewingsimpakte in die Vaalharts-besproeiingskema.
Einstein-kompetisie: Melani van der Merwe
2016-05-24Melani is ‘n doktorsgraadstudent en navorser by die Universiteit Kaapstad.
Einstein-kompetisie: Léandi Steenkamp
2016-05-24Léandi doen haar doktorsgraad in rekeningkunde en ouditkunde aan die Universiteit van die Vrystaat.
Einstein-kompetisie: Rika van Zyl
2016-05-24Rika is 'n dosent, besig met haar doktorsgraad in regsgeleerdheid en geniet nie-empiriese navorsing wat kritiese denke verg.
Einstein-kompetisie: Lee-Ann Steenkamp
2016-05-24Lee-Ann is 'n navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se Besigheidskool. Haar navorsing fokus op “groen belasting”, maw die neksus van belastingreg en omgewingsreg.
Einstein-kompetisie: Wanda Verster
2016-05-24Wanda, 'n professionele argitek, is besig met 'n PhD-studie oor kunsruimtes. Sy is tans vir 'n semester aan die kunsgeskiedenisdepartement van Uppsala-universiteit verbonde.
Einstein-kompetisie: Anneke Erasmus
2016-05-24Anneke is besig met haar meestersgraad in laserfisika aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is baie geïnteresseerd in die manipulering van lig vir toepassings in vandag se moderne era.
Einstein-kompetisie: Francois Pretorius
2016-05-24Francois is 'n visuele kunstenaar en bestuurder van die NWU se Kreatiwiteitsentrum.
Einstein-kompetisie: Helene Eloff
2016-05-23"Joernalis. Gek oor die reg. Rubriekskrywer. Die lewe is 'n uitdaging sonder 'n horison."

