Einstein-kompetisie
Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som.
Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit.
• Klik hier vir nog inligting.
Einstein-kompetisie: Melissa Meyer
2016-05-17Melissa se akademiese profiel is 'n mengelmoes van sielkunde, kriminologie, kommunikasiewetenskap en filosofie, alhoewel haar belangstellings meestal in seksualiteit, tegnologie, generasie Y en internet-katvideo’s is.
Einstein-kompetisie: Henry Janse van Rensburg
2016-05-16Henry is 'n finalejaar-MSc-student aan die Universiteit Stellenbosch. Sy fokusarea is fungusinfeksie in wingerde.
Einstein-kompetisie: Karlien Barnard
2016-05-16Karlien is tans ʼn gesondheidswetenskap-doktorsgraadstudent aan die Universiteit Stellenbosch. Waar ander mense gril vir vlermuise is sy glad nie bang nie; inteendeel, sy is versot op hulle.
Einstein-kompetisie: Wynand Goosen
2016-05-16Wynand is in sy finale jaar van sy doktorsgraad. Gedurende sy studies het hy beduidende bydraes tot TB-navorsing in grootwild gelewer.
Einstein-kompetisie: Louw Claassens
2016-05-15Louw Claassens is 'n doktorsgraadstudent in soölogie en entomologie aan Rhodes Universiteit.
Einstein-kompetisie: Anandi Bierman
2016-05-13Anandi Bierman is tans besig om die koringgenoom te deursoek vir die ontwykende weerstandsgene teen die koringluis.
Einstein-kompetisie: Marius van Staden
2016-05-13Marius is sedert 2010 'n dosent in die Regsfakulteit van die Universiteit van Johannesburg, waar hy tans regsfilosofie en die uitleg van wette doseer.
Einstein-kompetisie: Shaun Frazao
2016-05-12Shaun is besig met sy meestersgraad in politieke kommunikasie aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus). Sy navorsing fokus op sosiale-media-aktivisme.
Einstein-kompetisie: Tilani du Preez
2016-05-12Tilani du Preez is 'n gekwalifiseerde psigometris en is besig om haar meesters in bedryfsielkunde te voltooi.
Einstein-kompetisie: Stephan Erasmus
2016-05-11Stephan is passievol oor hernubare energie en mik daarna om die wêreld 'n skoner plek te maak.
Einstein-kompetisie: Eerste 50 inskrywings
2016-05-11Waaroor doen jong Afrikaanssprekendes by universiteite navorsing? Watter idees word tans deur hulle uitgedink en ontwikkel? Lees die eerste 50 inskrywings vir die Einstein-kompetisie.
Einstein-kompetisie: Jaydey Sass
2016-05-10Jaydey Sass is 'n MA-student en tutor aan die Universiteit Stellenbosch.
Einstein-kompetisie: Luther van der Mescht
2016-05-10Luther sal Oktober vanjaar as nadoktorale genoot aan die Ben-Gurion Universiteit in Israel begin werk waar hy met een van die wêreld se voorste navorsers in die parasitologiese veld sal saamwerk.
Einstein-kompetisie: Rudi Swart
2016-05-10Rudi Swart is 'n doktorsgraadstudent in bewaringsekologie en entomologie.
Einstein-kompetisie: Johan Ferreira
2016-05-10Johan is 'n doktorsgraadstudent in wiskundige statistiek aan die Universiteit van Pretoria. Hy het al meermale saam met wêreldkenners in gerekende vaktydskrifte in beide Afrikaans en Engels gepubliseer en is ook 'n hoboïs van beroep.
Einstein-kompetisie: Lieschen Venter
2016-05-09Lieschen is tans besig met haar doktorale studie, waarin sy 'n simulasiemodel van die Suid-Afrikaanse basiese-onderwysstelsel bou om die impak van beleide op verskillende skooltipes te toets.
Einstein-kompetisie: Charles Tait
2016-05-09Charles Tait doen sy meestersgraad in Afrikaans aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.
Einstein-kompetisie: Mariëtte Joubert
2016-05-09Mariëtte is sedert Januarie 2015 voltyds in privaat praktyk en lewer hoofsaaklik forensiese dienste wat insluit kriminele en traumawerk. Sy is sedert 2014 verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat as ‘n navorsingsgenoot en ook nou ’n ad hoc-dosent.
Einstein-kompetisie: Rudolph Scharneck
2016-05-09Rudolph Scharneck is ‘n predikant in Greytown en doktorale student in Nuwe Testament aan die Universiteit van Pretoria.
Einstein-kompetisie: Ruan van Breda
2016-05-09Ruan van Breda studeer ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch.

