Einstein-kompetisie

la600einstein

 

einsteinlogo200Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat jong navorsers by universiteite uitdaag om hulle eie navorsing in 130 karakters of minder op te som.

Die kompetisie het 29 Junie 2016 gesluit. 

Klik hier vir nog inligting.

Einstein-kompetisie: Randall Maarman

Randall Maarman Einstein-kompetisie 2016-06-08

"Ek het my die afgelope jare aktief ingespan vir en in die Nederlandse gemeenskap (gemeenskapsontwikkeling). Vir my is dit nou tyd om my talente in Suid-Afrika te gebruik."

Einstein-kompetisie: Natalé Buffels

Natalé Buffels Einstein-kompetisie 2016-06-08

Natalé is ’n honneursstudent in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is versot op Afrikaanse letterkunde.

Einstein-kompetisie: Corlene Beukes

Corlene Beukes Einstein-kompetisie 2016-06-08

"Die intergeloofsverhouding tussen Christenskap en Islam mag dalk na ’n onversoenbare een klink, maar die siel van die verhouding is gegrond op geloof, respek en liefde."

Einstein-kompetisie: Sonette du Preez

Sonette du Preez Einstein-kompetisie 2016-06-07

Sonette se doel is om beroepshigiënenavorsing te doen wat uiteindelik tot die bevordering van werkergesondheid sal lei.

Einstein-kompetisie: Christine Fourie

Christine Fourie Einstein-kompetisie 2016-06-07

Christine is 'n ywerige belastingkonsultant by PriceWaterhouseCoopers. Dit is haar droom om 'n meestersgraad in internasionale belasting by 'n Europese universiteit te verwerf.

Einstein-kompetisie: André Janse van Rensburg

André Janse van Rensburg Einstein-kompetisie 2016-06-07

André is verbonde aan die Departement Sosiologie, Universiteit Gent, België, waar hy befonds word deur 'n beurs van die Bijzonder Onderzoeksfonds.

Einstein-kompetisie: Nadine Fouché

Nadine Fouché-Karsten Einstein-kompetisie 2016-06-07

Nadine is ’n junior lektor binne die vakgroep Afrikaans vir Onderwys aan die Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Einstein-kompetisie: Maricel Botha

Maricel Botha Einstein-kompetisie 2016-06-07

Maricel is 'n doktorsgraadstudent aan die Universiteit van Johannesburg. Haar navorsing handel oor die sosiale aspekte van vertaling.

Einstein-kompetisie: Yasmin Skibbe

Yasmin Skibbe Einstein-kompetisie 2016-06-07

Yasmin is 'n student in kus- en hawe-ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Sy dans ook graag – in haar kamer, in dansklasse, buite, enige plek! 

Einstein-kompetisie: Gustav Muller

Gustav Muller Einstein-kompetisie 2016-06-07

Gustav is 'n senior lektor in die Departement Privaatreg aan die Universiteit van Pretoria, waar hy sakereg aan voorgraadse studente doseer.

Einstein-kompetisie: Jolandé Pienaar

Jolandé Pienaar Einstein-kompetisie 2016-06-07

Jolandé Pienaar studeer aptekerswese aan die Noordwes-Universiteit.

Einstein-kompetisie: Ernst Marais

EJ Marais Einstein-kompetisie 2016-06-07

Ernst het twee nadoktorale navorsingsgenootskappe voltooi: een by die Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Sakereg en toe by die Universiteit Kaapstad.

Einstein-kompetisie: Wiets Roos

Wiets Roos Einstein-kompetisie 2016-06-07

Wiets Roos is ’n doktorsgraadstudent in die Universiteit Stellenbosch se Departement Biochemie.

Einstein-kompetisie: Madelein van Straaten

Madelein van Straaten Einstein-kompetisie 2016-06-07

Madelein is nog altyd lief vir wiskunde. Sy wil graag klas gee en mense wys dat wiskunde regtig nie so erg is nie. 

Einstein-kompetisie: Stefaans Gerber

Stefaans Gerber Einstein-kompetisie 2016-06-07

"Ek beoog om die wêreld eendag oor te neem as 'n patenteprokureur. Passievolle musikant/multi-instrumentalis. Spontane avontuurlustige kêrel."

Einstein-kompetisie: Cynthia du Toit

Cynthia du Toit Einstein-kompetisie 2016-06-07

Cynthia is 'n meestersstudent aan die Universiteit van die Vrystaat. Haar voltydse beroep is maatskaplikewerkbestuurder by Kindersorg Bloemfontein en Childline Vrystaat.

Einstein-kompetisie: Nina Brink

Nina Brink Einstein-kompetisie 2016-06-06

Nina is 'n dosent in Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit. Sy het 'n passie vir taal en ook vir kindertaalverwerwing, waaroor daar nog baie min navorsing in Afrikaans gedoen is.

Einstein-kompetisie: Anneke Schoeman

Anneke Schoeman Einstein-kompetisie 2016-06-06

Dit is Anneke se droom om eendag haar wetenskaplike en taalkennis saam te smelt en aan te wend om 'n belangstelling in en liefde vir die wondere van die natuur by Jan Alleman te kweek.

Einstein-kompetisie: Paul Maritz

Paul Maritz Einstein-kompetisie 2016-06-06

Paul is 'n meestersstudent aan die NWU (Potchefstroomkampus). Hy is passievol oor leierskap en gemeenskapsontwikkeling, en dien tans vir 'n tweede termyn op die Studenteraad van die NWU.

Einstein-kompetisie: 100 Afrikaanse Einsteins

LitNet Einstein-kompetisie 2016-06-01

100 inskrywings vir die Einstein-kompetisie het tot dusver op LitNet verskyn. Hier is 'n lys van al die inskrywings wat gedurende Mei ontvang is.

Top