Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Martin Bossenbroek: De Boerenoorlog - Een jongensboek dat fout afliep

Ena Jansen 2012-12-07 "Wij leren specifieke mensen die nauw bij de gang van de Boerenoorlog betrokken waren zeer goed kennen. In de drie delen van De Boerenoorlog worden drie jonge mannen als historische personages centraal gesteld."

LitNet Akademies-resensie-essay:'n Geskryfde Lewe – 'n monumentale blik op 'n monumentale skrywer

Leon de Kock 2012-12-07 "JM Coetzee en JC Kannemeyer staan as ’t ware in die laaste linie van tradisionele skrywerskap – en literêre kritiek – binne die bestek van monumentaliteit."

LitNet Akademies-resensie-essay: katalekte deur Breyten Breytenbach – 'n Boeiende gesprek met van die grootstes

Helize van Vuuren 2012-12-05 "Met katalekte (artefakte vir die stadige gebruike van doodgaan) bring Breytenbach verse van besonderse kwaliteit. Ook voer hy ’n boeiende gesprek met van die grootstes, al vertoef hul lankal in die 'grot van die gesalfde likkewaan' ..."

Die blou van onthou ontbloot lesers se “blou onthou”

Elbie Adendorff 2012-12-05 "Binne elke vertelling van die drie vroue word ander vertelvorme, soos e-posse, briewe en ’n reisjoernaal, ook gebruik."

Doen dit self met hierdie op-’n-drafstap-PDU-produksie

Martie Retief-Meiring 2012-12-05 The Merry Wives of Zuma speel af in Zuma, wat voorheen Verwoerdville was.

LitNet Akademies-resensie-essay: Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef deur Johannes Bertus de Villiers

Sandra Troskie 2012-11-28 "Die aarde begin tril en dreun in die onmiskenbare aanloop tot ’n aardbewing, en die wete is skielik en seker: dit is nie die maan wat besig is om van die aarde weg te val nie. Dit is ons eie planeet wat uit haar vaste baan om die son geruk is."

A Spook’s Progress as optional reading

JB Roux 2012-11-28 "A Spook’s Progress is a memoire, recounting the author’s life from his childhood years on, with special emphasis on his career."

Tot siens, koning Arthur: geleenthede + gemors = hoop in bekroonde jeugverhaal

Estelle Kruger 2012-11-28 "Met byderwetse tienersleng en humoristiese inslag nooi hierdie verhaal enige jongmens (veral meisies) uit om die raaisel op te los in verband met die titel – wie sou koning Arthur wees in die storie?"

Arendsnes: Wraak is ’n motief

Joan Hambidge 2012-11-28 "Jordaan imponeer dadelik die leser met sy kennis van lykskouingsverslae, knaldempers, die skade wat ’n koeël aanrig (dus ballistiese kennis) en prosedures. Hy maak van jou as leser ’n medespeurder of -ondersoeker."

Teen die lig: spore van Hennie Aucamp se vroeë wêreld

Ampie Coetzee 2012-11-28 Hierdie bundel is verdere bewys van Hennie Aucamp se vermoëns as digter: Die Groot Verseboek van 2008 het reeds meer van sy verse. Nou sal daar nog meer wees.

Anna Atoom en die magnetiese meermin, lekker leersame leesstof

Henriëtte Loubser 2012-11-28 "Hierdie keer is die uitdaging en avontuur wat voor Anna Atoom beland, een van katastrofiese proporsies."

Lesersresensie: Brink het al beter as Philida geskryf

Lianne Barnard 2012-11-27 "Ten spyte van my gevoel dat Philida as geheel net ’n floue afskaduwing van Brink se vorige, vuriger werke is, was die roman ten dele tog ’n lekker leeservaring."

LitNet Akademies-resensie-essay: Philida 'n waarskuwing aan die elite

Izak de Vries 2012-11-27 "Waar mense se wense té lank onderdruk word, het jy min nodig om hulle tot aksie te laat oorgaan. Philida se waarskuwing is gerig aan die nuwe politieke en godsdienstige elite: Die onderdruktes is nie almal onnosel nie. Party van hulle gaan leer om néé te sê."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach – 'n Postmoderne quest-verhaal

Chris van der Merwe 2012-11-27 "Die aanspraak van lewende wesens voer die leser op reise waarin die individuele en kollektiewe onbewuste geopenbaar word; onderdrukte energieë kom in die loop van die verhaal na bo."

Mackenzie’s Pale Horses atmospheric, thought-provoking fare

Jonathan Amid 2012-11-27 "Pale Horses really starts to hit its stride when De Jong visits the devastation of the “scene of the crime”, only to find that the missing community lived on land expropriated from a white farmer."

Om te skryf is om te lees

Naomi Meyer 2012-11-27 "In Om te skryf vertel die skrywer nie wat hy gedoen het om te skep nie, hy demonstreer. Showing, not telling. Die leser moet lees, die skryftoetse agterna voltooi en so leer watter tegnieke gevolg is.

Markdag: 'n Kwylboek

Ilse van der Merwe 2012-11-21 Markdag is ’n kwylboek. Met eerste oogopslag is die foto’s verruklik, die stilering is vars en hedendaags, en daar is sommer baie resepte wat ek vir seker tuis sal aandurf. Om die waarheid te sê, dis ’n boek wat jou ure lank kan besig hou deur slegs daardeur te blaai – selfs voordat jy jou voorskoot aangesit het.

LitNet Akademies-resensie-essay: Onse vaders deur Karin Brynard: ’n nuwe aangesig vir betrokke literatuur

Kerneels Breytenbach 2012-11-21 "Brynard het die luukse om in ’n polities gemarginaliseerde taal veel meer aandag aan karakterisering te gee. Sy is daarom nie, soos Nicol, aangewese op papkamerade nie, en die tekstuur van haar skryfwerk dring daarom sterker deur tot die kern van die daaglikse lewe waar ou rassisme en nuwe naasteliefde skouers skuur."

As die bokke nie wil cuddle nie: Die voorstedelike raaisel van die ewig ontwykende beminde

Wilken Calitz 2012-11-20 "So is mans ja, rugby liefhebbende, motormal, James Bond-manne. Die toutrek ding is bloot om ons te laat geld in ’n tyd wat ware man-wees bevraagteken word."

LitNet Akademies-resensie-essay: Mag die jeug oor ontheiliging praat?

Zenobia Kock 2012-11-12 Godsdiensleiers die wêreld oor raak omgekrap as hulle die indruk kry hulle heilige boeke word ondermyn. Isak Burger laat hom só uit oor die boek Die Arkvaarders van Anne Provoost in ’n berig wat in Rapport verskyn het: “[Dit] ontheilig die heilige boek van die Christene. Dis onverantwoordelik om so ’n boek aan skoolkinders voor te skryf.”
Top