Cas Wepener2013-10-08"Ja, trane is die seep vir die siel en enige leser kan soos die skrywer van hierdie resensie ... met die lees van hierdie boek in die woorde van die agterplatteks 'óf jou gat, óf ’n wonderwerk' sien."
Nini Bennett-Moll2013-10-01"Bostaande stukkies dialoog onderstreep dat die vestiging van die meesternarratief histories deur die optekening van die heersende magsdiskoers bepaal is, terwyl die slawe, diensbodes en matjiesgoedmense oorwegend ongeletterd was."
Louise Viljoen2013-10-01"Dit is ’n volkome oortuigende en meevoerende roman waarin die skrywerslens oopgestel word vir ’n wye spektrum van menslike ervaring, maar daar ook erkenning gegee word aan die behoefte om terug te keer na ’n ruimte van oorsprong, of dit nou dié van die gesin of die eerste bron van inspirasie is."
Johan Anker2013-09-19"Cas Wepener toon in hierdie debuutbundel ’n fyn aanvoeling vir die beskrywing van atmosfeer, karakter en landskap. Hy het ’n oog vir die kleinste besonderhede en hy skep ’n interessante konteks met ’n web van inligting wat deur die betrokke leser noukeurig gevolg moet word om die geheim van teks en intrige te ontrafel."
Anneliese de Wet2013-09-18"Dit gee die leser ’n smakie van ’n lewe met skisofrenie. En dit is uiteindelik die doel van boeke soos dié: om die leser iets te laat ervaar van die leefwêreld van die persoon wat aan ’n geestesversteuring ly. En dít kry sy met sukses reg."
Maryke Roberts2013-09-18"Hoewel die spanningslyn goed is, kan mens nie verhelp om te wonder oor die blitsvinnige uitslae deur patoloë en polisielaboratoriums, die helikopters wat ingespan word en die spanne speurders wat ingetrek word nie. Miskien bestaan dit in Suid-Afrika, maar ons as Jan Publiek hoor nooit daarvan nie."
AC Coubleigh2013-09-18"Coetzee is a skilful didactic lecturer as well. He withdraws himself from those pages, leaving one alone with his faint shadow and words, without ever telling one what he is really saying."
Madri Victor2013-09-17"Ou bloed is ’n uiters boeiende en vermaaklike misdaadroman. Die sensitiewe tema mag jou met ’n naar kol op die maag laat, maar die verligting (en ontvlugting) lê daarin dat geregtigheid in dié fiktiewe wêreld seëvier."
Nadia Kamies2013-09-17"Panorama refers to both a song sung by schoolchildren and to the view of the mountain from Robben Island which is visible to all who live there except the prisoners behind walls so high that not even the visiting Sunday School picnic children from the Dutch Reformed Church were aware of them."
Joan Hambidge2013-09-06"Die vrye vers behoort net deur ‘n geoefende digter geskryf te word. Dit is immers, soos Robert Frost opgemerk het, soos om tennis te speel sonder ‘n net."
Marike van der Watt2013-09-05"Die akademie is natuurlik ’n baie bekende omgewing vir Breytenbach ... Hierdie agtergrond span sy goed in, en die leser kry ’n goeie kykie (hoewel effens oordrewe, danksy die satiriese inslag) in die ratwerk van ’n groot akademiese instelling."
Jonathan Amid2013-09-04"Whether you read his latest work as a playful homage to the hard-boiled heroes of the 1930s, find the crossing of boundaries between fact and fiction a source of interest, or just want to read a white-knuckle thriller about the not-quite state of the nation, Nicol’s your man."
Nathan Trantraal2013-09-04"Die unieke taalgebruik, ’n mengsel van Afrikaans, Engels en Tswana, spring van die blaai af en trek jou binne met al twee arms. Daar is ’n diepte en wysheid in die taalgebruik en dit voel deurlopend oorspronklik oud en nuut."
Jonathan Amid2013-08-28"Without unqualified exultation it would be fair to say that Zebra Crossing is one of the very best works of socially conscious fiction produced in 2013, one that provides ample evidence of tremendous literary ability and a fine understanding of form."
Danila Liebenberg2013-08-19Só dikwels hoor mens die versoek vanaf jonk en oud vir riglyne om ’n boek te skryf. Só dikwels gee mens algemene riglyne. Maar <em>Danda</em>, ’n jeugboek deur Chris Barnard, staan soos ’n landmerk uit op die soekpad na skryf.
Henning Snyman2013-08-08Hennie Aucamp is 'n uitnemende kenner van die kabaret en hy het wye ervaring binne die gebied, veral ook as die skrywer van kabaret- en verwante tekste. Inderdaad getuig hierdie samestelling van essays oortuigend van Aucamp se kennis en betrokkenheid.
Laurie Gaum2013-08-08Soeker, die grondig hersiene en uitgebreide weergawe van Pieter Cilliers se ‘n Kas is vir klere, praat nou ook Engels. Onder die pragtige titel Pilgrim verskyn die uitstekende vertaling van eersgenoemde boek waarin Kas as eerste deel opgeneem is.
Maretha Maartens2013-08-06"Wat sou ek nie misgeloop het as ek een van dié was vir wie die uitgewer langs die pad verloor het nie! Wat doen ons wanneer ons bid? is ’n waterskeidingspublikasie in die Christelike uitgewersbedryf in ons land."