Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
The Secret Race ondersoek fietsry se Armstrong-era
2013-01-15 "Die twee (Daniel Coyle, Tyler Hamilton) bou vir seker ’n malle storie, een wat die meeste mense nie sal, of wil, glo enigsins moontlik is nie."Die vrou in die vuur: 'n Keur uit die verhale van Riana Scheepers
2013-01-09 "Die komplekse psige van (veral) die vrou, in die wydste sin van die woord, word aan die vuurproef onderwerp in hierdie bundel."Getuie deur Christine Barkhuizen le Roux: 'n ysingwekkende blik op Jehovasgetuies
2013-01-08 Dis ’n dapper skrywer wat enige vorm van godsdiens in ’n roman aandurf. Mense het sulke vooropgestelde en onbuigsame idees daaroor, en kyk wat het met Salman Rushdie gebeur. Maar Christine Barkhuizen le Roux is ’n vreeslose en goeie skrywer.'n Hap van die appel deur Kristel Loots: ’n heerlike huldeblyk aan chick-lit
2013-01-08 Ná ander titels, soos Lemoenseisoen en Eendagmooi, het Tafelberg weer ’n chick-lit-boek van Kristel Loots op die rak. Met ’n Hap van die appel kan ’n mens die groei sien: die fokus is minder op die liefdesverhaal, meer op familiedinamiek, identiteit en selfontdekking. En die humor is skerper, en lekkerder, maar steeds kenmerkend van Kristel.Vol draadwerk: ’n verruklike literêre reis met allerlei bestemmings
2013-01-08 Met die eerste oogopslag tref Marius Crous se derde bundel, Vol draadwerk, die leser vol in die gesig: dié interessante voorblad van ’n manlike torso gewikkel in doringdraad prikkel dadelik die leser se nuuskierigheid.Die onsienlike son deur Jacobus van der Riet: Die digter as skriba en kalligraaf
2013-01-08 Hierdie debuut vorm in verskeie opsigte ’n uitsonderlike toevoeging tot die religieuse poësie in Afrikaans. Waar Sheila Cussons se gedigte vir lesers uit die Gereformeerde kerktradisie ’n venster op die Katolieke geloofsbelewenis oopgemaak het, bring Jacobus van der Riet ’n blik uit die Grieks-Ortodokse hoek.Among the Boers in peace and war bied ongewone insig in die oorlog
2013-01-03 "Sy uitstekende beskrywing van die aard en werkswyse van die Boere-gevegsmasjien sal vir menige leser ’n openbaring wees. Hierdie eenvoudige sisteem het gewerk, ten spyte van geldige kritiek wat daaroor uitgespreek word en die foute wat begaan is."Werfsonde deur Kleinboer: die groter geheel is in die klein detail
2012-12-20"Iemand wat met alle opregtheid die taal meer maak, dit is hoe ek voel oor Kleinboer se jongste roman, Werfsonde."
LitNet-boekresensies 2012 LitNet Book Reviews
2012-12-19 Hierdie resensies is in 2012 op LitNet gepubliseer.Labirint deur Chanette Paul getuig van heelwat navorsing
2012-12-18 "Aanhangers van haar werk sal sonder twyfel hierdie jongste boek ook geniet."Leeus met letsels sit gemaklik op al die stoele
2012-12-14 "Daar is volop humor en avontuur en selfs ’n skoot romanse – die soort boek wat ’n mens hoop ’n tiener wat nie normaalweg lees nie, met ander oë na die leeservaring gaan laat kyk."Joe Speedboot deur Tommy Wieringa: mooi én sobere waarhede wat bybly
2012-12-12 "Bo en behalwe die eksistensiële tema is vriendskap, grootword en liefde ook belangrike temas wat in hierdie roman ondersoek word."Haai Karoo deur Etienne van Heerden: hulde aan die Karoo
2012-12-12 "Die haai van die titel is nogal ironies, met die huidige vooruitsig van breking in die Karoo. In dié lig gesien, is die bundel ’n huldeblyk aan die Karoo met sy uitgestrekte verlatenheid, wat op soveel mense, ook skrywers, ’n diepgaande invloed uitgeoefen het."Du Plessis se Griekwapsalms vol warmte en deernis
2012-12-12 "Du Plessie se jongste, Karos orie dyne, is ’n splinternuwe bundel met Griekwapsalms: gedigte wat letterlik sing in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes."Joran Noordewind deur Lilli Thal: ’n vars en verbeeldingryke fantasievlug
2012-12-12 "Die manier waarop daar in Joran Noordewind ’n hele nuwe insektewêreld tot in die fynste detail geskep word, herinner aan die towerwêreld van die Harry Potter-reeks."Madeliefies van staal deur Pat Stamatélos: ’n diep menslike roman
2012-12-12 Madeliefies van staal vorm deel van ’n kosbare kroniek van die bruin mense van Suid-Afrika binne verskillende tydvakke in die land se geskiedenis.Onse Vaders boei van begin tot einde
2012-12-11 "Dit is dalk juis hierdie onbekende speelvelde wat die leser so insuig in die storie en wat vir Brynard die geleentheid bied om met goeie karakterisering en ’n flinke pas die leser van begin tot einde te boei."“Die hoop beskaam nie op Hoopvol nie” – ’n cliché?
2012-12-11"Hoopvol is ’n jeugteks wat toepaslik is vir meisies sowel as seuns as lesers. Meisies sal veral aanklank vind by die liefdestonele wat treffend en sensitief verbeeld word sonder dat dit eksplisiet is."
