Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Haai Karoo deur Etienne van Heerden: hulde aan die Karoo
2012-12-12 "Die haai van die titel is nogal ironies, met die huidige vooruitsig van breking in die Karoo. In dié lig gesien, is die bundel ’n huldeblyk aan die Karoo met sy uitgestrekte verlatenheid, wat op soveel mense, ook skrywers, ’n diepgaande invloed uitgeoefen het."Du Plessis se Griekwapsalms vol warmte en deernis
2012-12-12 "Du Plessie se jongste, Karos orie dyne, is ’n splinternuwe bundel met Griekwapsalms: gedigte wat letterlik sing in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes."Joran Noordewind deur Lilli Thal: ’n vars en verbeeldingryke fantasievlug
2012-12-12 "Die manier waarop daar in Joran Noordewind ’n hele nuwe insektewêreld tot in die fynste detail geskep word, herinner aan die towerwêreld van die Harry Potter-reeks."Madeliefies van staal deur Pat Stamatélos: ’n diep menslike roman
2012-12-12 Madeliefies van staal vorm deel van ’n kosbare kroniek van die bruin mense van Suid-Afrika binne verskillende tydvakke in die land se geskiedenis.Onse Vaders boei van begin tot einde
2012-12-11 "Dit is dalk juis hierdie onbekende speelvelde wat die leser so insuig in die storie en wat vir Brynard die geleentheid bied om met goeie karakterisering en ’n flinke pas die leser van begin tot einde te boei."“Die hoop beskaam nie op Hoopvol nie” – ’n cliché?
2012-12-11"Hoopvol is ’n jeugteks wat toepaslik is vir meisies sowel as seuns as lesers. Meisies sal veral aanklank vind by die liefdestonele wat treffend en sensitief verbeeld word sonder dat dit eksplisiet is."
