Bella & Bollie en die verjaardagverrassing

  • 0

Titel: Bella & Bollie en die verjaardagverrassing
Skrywer: G Shields (vertaal deur S Kleyn)
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781869198961

 

Koop Bella & Bollie en die verjaardagverrassing by Kalahari.com.

 

 

Kinderboeke verg soms ander resensies as boeke wat vir volwassenes bedoel is. LitNet nader onderwysers, leerders en ouers om hul indrukke van 'n handvol kinderboeke te skryf. Vandag is Barbara Greeff, graad R-opvoeder, aan die beurt. Sy deel haar indrukke van haar klas se reaksie op Bella & Bollie en die verjaardagverrassing.

Die boek is tydens storietyd aan 5- en 6-jariges voorgelees. Die kinders het aandagtig na die teks geluister en baie van die storie gehou. Dit is op die kinders se vlak geskryf en die illustrasies op elke bladsy het die kinders se belangstelling geprikkel. Die gebeure in die storie volg mooi op mekaar en daar is ’n sterk verrassingselement teenwoordig. ’n Hoogtepunt in elke kind se jaar is beslis ’n verjaardagpartytjie en die beplanning daarvan. Hulle kon daarmee vereenselwig en is aangemoedig om na afloop van die storie oor hul eie verjaardag te gesels. Daar is ook ’n spanningsvolle oomblik in die storie, wanneer Bollie amper sy eie partytjie misloop!

’n Groep meisies wou na skool weer die boek deurblaai en het probeer om dit self te lees.

Hierdie boek kan vir kinders aanbeveel word wat van fantasie en mooi prente hou.

B Greeff, Graad R-opvoeder  


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top