Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Boekbekendstelling: Nuwe stories 3, 20 November, Kaapstad
2014-11-17 Human & Rousseau stel op 20 November Nuwe Stories 3 bekend.Boekbekendstelling: Kerneels Breytenbach se Ester, 29 November, Stellenbosch
2014-11-17 Elmarie Rautenbach gesels met Kerneels Breytenbach oor sy jongste roman, Ester. Sluit op 29 November by die gesprek aan in Protea Boekwinkel op Stellenbosch.Orwell aan die stuur?
2014-11-17 "Toe Amazon sonder toestemming van die kopers 1984 en Animal Farm elektronies afgehaal het van kopers se Kindles – hulle het skielik besef hulle het die papierregte maar nie die e-regte nie – was die spook uit die fles ..."In Memoriam: Charles Fryer
2014-11-14 Petra Müller oor Charles Fryer: "Hy bel jou elf-uur in die nag oor 'n komma, het een (Hertzogprys-wennend) skrywer eendag geknor. Wees bly, het ons gesê. Hy bel ons almal. ... By hom was jy veilig."Die onderrig van klassieke literêre tekste en die skoolkurrikulum
2014-11-14 Het die onderrig van klassieke literêre tekste nog plek in die skoolkurrikulum? ’n Paar kenners gee hul mening.Oor Sophia Kapp, sosiale media en die mag van die leser
2014-11-13 Madri Victor, manuskripontwikkelaar, skryf oor die heruitgawe van Sophia Kapp se Die tuiskoms. Sy bepeins ook die belang van genre-spesifieke resensies in Afrikaans.Tien vrae: Naòmi Morgan oor die vertaling van Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran
2014-11-13"Die finale teks is vir my soos bladmusiek: wanneer ek dit lees, moet dit reg klink. Woorde is maar net stil musiek: die transponering van een taal na ’n ander moet reg op jou oor val."
