By die dood van Reinet Nagtegaal

  • 0
Reinet Nagtegaal
Jeanne Goosen

Reinet, dis seer om oor jou te skryf. Die kere dat daar in die verlede iets interessants of snaaks gebeur het, was my eerste gedagte altyd: heng, ek moet dit vir Reinet vertel.

Dit gebeur steeds.

En elke keer as ek besef jy is nie meer nie, is dit soos ’n hengse hou in my maag.

Soos nou weer. Ek sien my selfoon, neem dit en druk jou nommer.  Dit lui steeds.

Ek tik: jy is weg.  Hierdie nommer sal ook verdwyn.  Dis die enigste nommer wat ek uit my kop uit ken.

Ek sal dit altyd onthou soos ek jou altyd sal onthou.

Liefde, Jeanne

Lees Marlize Hobbs se huldeblyk aan Reinet Nagtegaal.

Lees Deborah Steinmair se huldeblyk aan Reinet Nagtegaal.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top