Jeanne Goosen

Jeanne Goosen is een van die veelsydigste én mees kontroversiële skrywers in Afrikaans. Sy debuteer in 1971 as digter met 'n Uil vlieg weg, opgevolg deur Orrelpunte. Ook as dramaturg druk sy haar stempel af met hoogs suksesvolle eenakters en kabarettekste, Drie eenakters. Maar dis veral as prosaskrywer dat sy vir haar 'n prominente plek in die Afrikaanse letterkunde oopskryf met die publikasie van Om 'n mens na te boots, 'n Kat in die sak, Louoond, Ons is nie almal so nie en die kortverhaalbundel 'n Gelyke kans. Haar mees onlangse prosawerk is Wie is Jan Hoender? (2001) en 'n Pawpaw vir my darling (2002). Sy het ook in 2003 die kabaret Desnieteenstaande geskryf, wat met groot sukses by verskeie kunstefeeste opgevoer is. Jeanne se werk word telkens gekenmerk deur vernuwing en sy is veral bekend vir haar heerlike sin vir ironie in die uitbeelding van die dikwels onsmaaklike werklikheid. So verwerf sy 'n ereplek in die Afrikaanse prosatradisie. (Bron: Kwela)


Opgedateer/Updated: 2006-09-01
Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

By die dood van Reinet Nagtegaal

Jeanne Goosen 2014-12-18 "Ek tik: jy is weg. Hierdie nommer sal ook verdwyn. Dis die enigste nommer wat ek uit my kop uit ken."

Bestendig maar kritiek

Jeanne Goosen 2013-07-24

"Bestendig maar kritiek" het in die Beeld verskyn met Jeanne Goosen se 75ste verjaarsdag op 13 Julie. Lees dit op LitNet.


Joan Hambidge ondervra Jeanne Goosen

Jeanne Goosen, Jeanne Goosen, Joan Hambidge 2008-06-02 "Skryf laat my beter voel. Vir my is dit iets soos om sekere gevoelswaarhede bokant die intellektuele analise te stel, maar sonder om die rede te verwerp."

''Realiteit is dikwels obskuur'' – Jeanne Goosen oor haar jongste digbundel

Jeanne Goosen, Jeanne Goosen, Marius Crous 2007-08-29 "Humor is maar deel van‘n ou se survival kit. Dit maak feitlik alles draagliker. Ironieë kom na‘n mens aangestap. Wanhoop wat feller as die lied van liefde word, is iets wat ek meen, die meeste mense soms ervaar."
Top