Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Orwell aan die stuur?

Abraham H de Vries 2014-11-17 "Toe Amazon sonder toestemming van die kopers 1984 en Animal Farm elektronies afgehaal het van kopers se Kindles  – hulle het skielik besef hulle het die papierregte maar nie die e-regte nie – was die spook uit die fles ..."

Peter Snyders: 75

2014-11-14 Lees sommige van Peter Snyders se gedigte op LitNet.

In Memoriam: Charles Fryer

Petra Müller 2014-11-14 Petra Müller oor Charles Fryer: "Hy bel jou elf-uur in die nag oor 'n komma, het een (Hertzogprys-wennend) skrywer eendag geknor. Wees bly, het ons gesê. Hy bel ons almal. ... By hom was jy veilig."

Die onderrig van klassieke literêre tekste en die skoolkurrikulum

Carine Janse van Rensburg, Heilna du Plooy, Eep Francken, Joan Hambidge, Michael le Cordeur, Henning Pieterse, Lina Spies, Helize van Vuuren, Danie van Wyk 2014-11-14 Het die onderrig van klassieke literêre tekste nog plek in die skoolkurrikulum? ’n Paar kenners gee hul mening.

Oor Sophia Kapp, sosiale media en die mag van die leser

Madri Victor 2014-11-13 Madri Victor, manuskripontwikkelaar, skryf oor die heruitgawe van Sophia Kapp se Die tuiskoms. Sy bepeins ook die belang van genre-spesifieke resensies in Afrikaans.

Tien vrae: Naòmi Morgan oor die vertaling van Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran

Naòmi Morgan, Naomi Meyer Academic research 2014-11-13

"Die finale teks is vir my soos bladmusiek: wanneer ek dit lees, moet dit reg klink. Woorde is maar net stil musiek: die transponering van een taal na ’n ander moet reg op jou oor val."

Biebouw-resensie: Waar die son omdraai deur Vita du Preez

Maryke Roberts 2014-11-12 "Vita du Preez se vorige boeke het die weg gebaan vir hierdie volwasse roman. Dit getuig van lewenservaring, van medelye met swaarkry en die wete dat dinge kan uitwerk as mens hard genoeg daaraan werk."

Die wonderwêreld van Eugène N Marais kry 'n staanplek in die Paarl

Jean Oosthuizen 2014-11-12 Jean Oosthuizen gesels met Francois Lötter oor die Eugène Marais-stigting in die Paarl se planne om dié veelsydige Suid-Afrikaner te vereer. 

Word ook die Afrikaanse letterkunde in ’n digitale toekomsblik gedruk?

François Verster 2014-11-11 Abraham de Vries het 'n boekresensie op die internet gesoek. Hy het die volgende boodskap gekry: "Hierdie webskakel bestaan nie." Hier skryf Francois Verster, Naspers se argivaris, wat van al die data word.

Vermis op Allesverloren beeld kleindorpse lewe uit

Elbie Adendorff 2014-11-11 "Die soektog na Erta is boeiend en die kennismaking met die karakters is interessant."

Boekbekendstelling: Buys deur Willem Anker

Franci Vosloo 2014-11-10 Willem Anker: "Geweld is die fondament van die beskawing; dit was nooit anders nie en dit gaan nooit anders wees nie."

PEN Afrikaans druk Ukusela eKapa se bekers vir skoolbiblioteek

Naomi Bruwer 2014-11-10 PEN Afrikaans het Saterdag 8 November ten bate van Dennegeur-laerskool in Elgin se skoolbiblioteek aan die Ukusela eKapa-projek deelgeneem. 

Resensie: Brieven van Overzee deur Pieta van Beek

Annemarié van Niekerk 2014-11-07 "Brieven van overzee is eintlik méér as net ’n briefwisseling tussen Ida Gerhardt en Pieta van Beek, méér as net ’n ode aan een van Nederland se groot digteresse. Dit is ook ’n outobiografiese collage wat Van Beek saamgestel het uit haar dagboeke ..."

LitNet Akademies-resensie-essay: Buys deur Willem Anker

Henning Snyman 2014-11-07 "Die trek is die reis van die wilde gees wat nie gevange kan voel nie en steeds die vryheid soek buite bindende grense. Die trek van plek tot plek is deels ontvlugting, soms van die wet en die gereg; deels is dit die konstante gang van verloor en weer opbou, deels van vernietig en weer begin."

LitNet Akademies-leesgoed: Chris Nelson

Chris Nelson 2014-11-06 Chris Nelson deel sy leesstof vir lesers met ’n belangstelling in militêre en finansiële aangeleenthede.

150 stories: Nataniël

Riette Rust 2014-11-05 "Nou, as jy ’n langhaarpoedel vat en jy trek hom agteruit deur ’n posbus dat al sy kroese vorentoe staan en jy maak hom regop sit in die middel van ’n bakkie en jy kyk hom van agter af, dan weet jy hoe lyk ’n Pretoria-meisie op ’n date."

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Thys Human

Naomi Bruwer, Thys Human 2014-11-05 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Thys Human was een van die beoordelaars van die Fiksie-kategorie.

kykNET-Rapport Boekpryse: Onderhoud met Herman Wasserman

Naomi Bruwer, Herman Wasserman 2014-11-05 Die kortlys van die eerste kykNET-Rapport Boekpryse is pas bekendgemaak. Herman Wasserman was een van die beoordelaars van die Niefiksie-kategorie.

Tien vrae: Chanette Paul oor Ewebeeld

Naomi Meyer 2014-11-05 "Inspirasie is nie vir my dit wat die verhaal aan die gang sit nie. Inspirasie kom al skrywende, maar daar was wel prikkels. Mens hoef net die koerant oop te maak of te luister na gesprekke om jou om te verstaan waar sulke prikkels vir spanningsromans vandaan kom."

Tien vrae: Annelie Ferreira oor Chuck Norris kan deel deur nul

Annelie Ferreira, Naomi Meyer 2014-11-04 "Die karakters het by my opgekom, en ek wou weet wat hulle storie was."
Top