Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
UJ-pryse 2018: Commendatio vir Jolyn Phillips se radbraak
2018-05-31"Die digtende in radbraak is ’n strandloper, ’n versamelvoël, ’n trekvoël. Sy is ook ’n migrerende – tussen verlede en hede, tussen plekke en omstandighede, maar veral in taal, midde-in en deur taal." Hier is Karen de Wet se commendatio oor Jolyn Phillips se radbraak, ontvanger van die 2018 UJ-debuutprys.
Invitation: Join us for a celebration of Colour me yellow by Thuli Nhlapo
2018-05-30Colour me yellow by Thuli Nhlapo was shortlisted for the Sunday Times Alan Paton award 2018. Join the celebration on 2 June in Newtown, Johannesburg.
Pos beskikbaar: Leksikograaf – Pharos Woordeboeke (Kaapstad)
2018-05-30Pharos Woordeboeke, ’n druknaam van NB-Uitgewers, het tans ’n vakature vir ’n junior leksikograaf by hul kantoor in Kaapstad. Aansoeke sluit op 8 Junie 2018.
Pos beskikbaar: Senior leksikograaf – Pharos Woordeboeke (Kaapstad)
2018-05-30Pharos Woordeboeke, ’n druknaam van NB-Uitgewers, het tans ’n vakature vir ’n senior leksikograaf by hul kantoor in Kaapstad. Aansoeke sluit op 8 Junie 2018.
UJ-pryse 2018: Repliek by die ontvangs van die prys vir Die derde spoel
2018-05-30"Dit is, helaas, nie skrywers wat Trump uitgeskop gaan kry nie. En tog, romans het hul eie manier om ’n verskil te maak. Stories verander dalk net een gedagtewêreld op ’n slag. Maar moenie die ernstige boek afskryf nie."
Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer deur Daan Prinsloo: ’n resensie
2018-05-30"As ’n algemene gids en ’n handleiding oor die skryf en lewering van toesprake, slaag Die toespraak vir die spreker en die toespraakskrywer in sy doel en kan as nuttige hulpmiddel gebruik word wat beide teoretiese aspekte en praktiese wenke in een bruikbare gids saamvoeg."
UJ-pryse 2018: Repliek by die ontvangs van die debuutprys vir radbraak
2018-05-30"Radbraak leer my weer taal is niemand se hou of houer nie. Jy praat dit, maar dit behoort nie net aan jou nie. Die taal praat aan – met of sonder jou."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling
2018-05-29LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Gedagtes rondom Charles Fryer se Só moes die Liefde ly: ’n Passiespel
2018-05-29"Veral Jesus se woorde is hoofsaaklik direk uit die Bybel. Maar wanneer dit kom by die liewe ou gewone mense, kry ’n mens heerlike kwinkslae of aardse uitdrukkings."
Leeskringe in-en-om Pretoria:
2018-jaarprogramme en -inligting
2018-05-29
Stel jy belang in die boekbesprekings van leeskringe in die Pretoria-omgewing? Wil jy graag aansluit? Hier is al die inligting en jaarprogramme vir 2018.
Michael Green (aka RR Ryger) (1963–)
2018-05-28"As jy bang is vir ander mense se mening, word jy ’n skaap wat die samelewing se reëls nakom. As ek my bekommer het oor wat my ma dink, sou ek nie geskryf het nie."
Truitjie roer my nie deur Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling: boektoer
2018-05-28Schalk Bezuidenhout en Erns Grundling se Truitjie roer my nie word van 5 Junie af landswyd tydens hul boektoer bekendgestel. Hier is inligting oor die bekendstellings.
Blom in die hare deur Kristel Loots: ’n resensie
2018-05-28"Sy skryf graag oor vroue wat sy raakloop, en vertel die stories wat sy om haar hoor. By almal sien sy ’n universele begeerte: iemand om lief te hê en iemand wat vir jou lief sal wees."
Wat de Joost! deur Joost Pyck: bekendstelling by Die Bôrdienghuis, Wellington
2018-05-24Wat de Joost! Sprokkels uit Suid-Afrika deur Joost Pyck word Dinsdag 29 Mei by Die Bôrdienghuis op Wellington bekendgestel.
Dors deur Marinda van Zyl: bekendstelling in Bloemfontein
2018-05-24Jy word vriendelik uitgenooi na die bekendstelling van Dors deur Marinda van Zyl op 6 Junie in Bloemfontein. Gert Coetzee gaan met Marinda in gesprek wees.
’n Luiperd in my bed deur Annelize Slabbert: ’n resensie
2018-05-24"Lanklaas het ek ’n boek gelees wat my tegelykertyd só laat lag het, laat terugdink het aan my eie ervarings in die bos én met soveel stof tot nadenke oor ons alledaagse bestaan gelaat het."
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Andolet deur Petronel Louw
2018-05-23LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Andolet deur Petronel Louw, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.
Ek & jy: verhoudings wat werk deur Louis Awerbuck en Lise Swart: ’n lesersindruk
2018-05-23"Dis nie ’n boek van komplekse filosofie nie. Die filosowe word baie vlugtig besoek, en dan begin die nare waarhede uit die blaaie uitklim. Mense trou met vreemdelinge."
Vandag wil ek my blou skoene dra deur Koos Kombuis: ’n resensie
2018-05-23"Na twee dekades (en seker baie wyn tydens die bepeinsing oor wat professor doktor Opperman as verruklike poësie sou beskou het) het ’n nuwe digbundel uit Koos se pen verskyn."
Die dao van Daan van der Walt – en die dao van Lodewyk G du Plessis
2018-05-23"Die karakter (teken) in Chinees vir dao wat 'weg' of 'pad' beteken, verskil van die karakter vir dao (op ’n ander toonhoogte uitgespreek) wat 'mes' beteken."
