Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Van “housecoat” tot sekuriteitsuniform: die voorstelling van ’n aantal kledingstukke in Marlene van Niekerk se prosa
2018-01-24"Die onderskeie kledingstukke (en hul assosiasies met spesifieke karakters) toon aan die leser dat klere meer is as net die snit, materiaal of kleur daarvan. Uit die ontleding van die tekste blyk dit ook dat klere ten nouste gekoppel word aan identiteit en dat klere selfs simbolies kan wees van ’n omruil en uitruil van identiteite."
SA Akademiepryse 2018: nominasies ingewag
2018-01-17Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die SA Akademiepryse 2018. Die sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2018.
Kurrikulumontwerpbenaderings van Suid-Afrikaanse skoolkurrikula: ’n kritiese perspektief op die kurrikula vir Afrikaans (Huistaal)
2018-01-11"Daar moet eerder bepaal word hoe kurrikuluminhoude in die verskillende behoeftes van leerders in verskillende kontekste kan voorsien. Dit kan bereik word slegs indien leerders se individuele talente en vaardighede, diverse belangstellings, toekomsverwagtings en behoeftes betrek word."
Werkwinkel: Tydskrif van die Lae Lande en Suid-Afrikaanse Studies Vol 12, nr 1 (Junie 2017)
2017-12-22Die redakteurs bied die jongste uitgawe van Werkwinkel: Tydskrif van die Lae Lande en Suid-Afrikaanse Studies aan wat deur die Departement Nederlands en Suid-Afrikaanse Studies aan die Fakulteit Engels, Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, Pole, gepubliseer is.
Plekgehegtheid binne stadsbeplanning: ’n literatuurstudie en voorstelle vir Afrikaanse terminologie
2017-12-21"Gesien binne die konteks van die multikulturele karakter van Suid-Afrika se dorpe en stede, kan navorsing oor plekgehegtheid positief bydra tot stadsbeplanners se kennis van plek, konflik rondom plek en hoe om plekbetekenisse en plekbande te gebruik om nuwe ontwikkeling kontekstueel te rig."
Geloofsinstellings en die hersieningsbevoegdheid van die howe
2017-12-21"In Suid-Afrika word die staat ook deur die beginsel van nie-inmenging in leerstellige kwessies daarvan weerhou om inbreuk te maak op die kerk of geloofsinstellings se 'outonome sfeer'. Geloofsinstellings geniet dus ’n gebied van outonomie wat betref godsdienstige doktrine en besluite en optrede wat daaruit kan voortspruit."
’n Klassikus se ontleding van N.P. Van Wyk Louw se Germanicus as ’n beeld van mag en onmag
2017-12-20"Hierdie artikel ondersoek die mate waarin N.P. Van Wyk Louw se Germanicus (1956) sy hoofbron, ’n werk van die Romeinse geskiedskrywer Tacitus, vernuwend aanwend, met klem op sy uitbeelding van mag en onmag."
Pos beskikbaar: Assistent-direkteur – NALN (Bloemfontein)
2017-12-19NALN (die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) is op soek na ’n Assistent-direkteur. Sluitingsdatum: 29 Desember 2017.
Honneurs in Afrikaans en Nederlands by NMU
2017-12-15"Vanaf 2017 word die honneursklasse in blokformaat tydens die skoolvakansies aangebied om sodoende aan onderwysers die geleentheid te gee om ook die kursus te kan volg."
Die gebruik van onderskrifte in die onderrig en leer van Afrikaanse woordeskat en begrip
2017-12-14"Films verskaf voorbeelde van hoe taal buite die klaskamer gebruik word – veral interaktiewe taalgebruik en dialoog. Dit stel taalaanleerders aan natuurlike uitdrukkings en spraakpatrone voor, asook aan gepaste gesigsuitdrukkings en gebare vir spesifieke situasies."
Die Commedia (Komedie) van Dante Alighieri en musiek in die Purgatorium – Om te sing van daardie tweede ryk
2017-12-14"Die antwoord op die vraag of die lees van die Purgatorium ’n eietydse gelowige leser se verstaan en ervaring van die Paasgebeure kan verdiep, is nie ’n eenvoudige 'ja' nie."
Geskiedkundige konferensie oor Afrikaans in die Noord-Kaap
2017-12-13"Dit is herhaaldelik beklemtoon dat dit noodsaaklik is om alle sprekers te oorreed om eienaarskap te neem van húlle Afrikaans en weg te doen met die beeld van Afrikaans as die taal van die onderdrukker wat deur enkelinge in ivoortorings gebruik word."
Aspekte wat kinders se leesmotivering beïnvloed
2017-12-13"Wanneer kinders gemotiveerd is om te lees, geniet hulle die leesproses en versterk dit hulle vertroue in hul vermoëns om te lees. So ontwikkel kinders intrinsieke leesmotivering en lees hulle met geesdrif en nuuskierigheid."
"Ek voel anders as ander mense": wenners aangekondig
2017-12-13Hier is die wenners van LitNet se mees onlangse skryfkompetisie vir skoolleerders: “Ek voel anders as ander mense”. Baie geluk!
Filosofie en die skrifkultuur
2017-12-06"Die menslike oor is volgens Pythagoras nie ingestel om hierdie konstante simfonie te hoor nie. Wat hy as 'klank' ervaar, is eintlik ’n kakofonie in die simfonie. Dit vereis ’n spesiale ingesteldheid om die ware simfonie, die logos, van die kosmos aan te hoor."
"Ek voel anders as ander mense": inskrywings
2017-12-04"Ek voel anders as ander mense" was LitNet se mees onlangse kompetisie vir skoolleerders. Hier is die inskrywings wat vir die kompetisie ontvang is. Die kompetisie het op 30 November 2017 gesluit.
Regsgeskille en die kerk: lesse te leer uit die saak van Johannes Fortuin en die Church of Christ Mission
2017-11-30"Hoewel daar algemeen aanvaar word dat die staat en selfs die howe nie ’n geloofsinstelling kan dwing om ’n sekere standpunt in te neem in die uitoefening van sy geloof nie, beteken dit nie dat geloofsinstellings gevrywaar word van prosedurele reëls of selfs die bepalings van die Grondwet en ander wetgewing nie."
Kroniek van ’n mondigwording? ’n Mediageskiedkundige herevaluering van die WVK, Naspers en Afrikaanse joernalistiek
2017-11-30"Die begrip oop gesprek is veral ook van toepassing op die feit dat die gesprek rondom die interpretasie van, en nuwe narratiewe rondom, die Afrikaanse joernalistiek en die WVK voortgaande en 'oop' moet bly om nuwe moontlikhede en nuwe interpretasies te kan ontsluit."
Wording: die rol van die numineuse en mistiek in Sondag op ’n voëlplaas (2013) deur Johann Nell
2017-11-28"Binne die konteks van ander tekstuele middele lewer Nell se teks, veral deur die gebruik van numineuse en mistieke elemente, dus ’n kragtige blik op die menslike siel en die voortdurende soeke na psigiese integrasie."
Die ontwikkeling van ekogeletterdheid deur middel van ’n Afrikaanse leesreeks
2017-11-28"Met beter kennis van natuurlike stelsels en groter begrip vir die vervlegtheid van alle bestaansvorme word die kind bemagtig tot ingeligte en kritiese deelname aan gesprekke oor die natuurlike omgewing en omgewingskwessies."
