Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Patriotiese liedere as ideologiese diskoers: ’n figuratiewe semiotiese ontleding
2017-11-02"In hierdie opsig mag figuratiewe vorme soos patriotiese liedere, soos ons geredeneer het, kragtige politieke instrumente word ter vergestalting van nasiebou, -eenheid en -trots, en verteenwoordig dit op hierdie wyse 'betekenis in die diens van mag'."
Die gebruik van flitskaarte as hulpmiddel in die verwerwing van sigwoordeskat deur leerlinge met leestekorte
2017-10-26"Die gebruik van flitskaarte as hulpverleningstegniek om sigwoordeskat te verhoog het nie net die leerlinge se leesspoed en leesbegrip bevorder nie, maar ook bygedra tot die belewing van genot en gemotiveerdheid om aan die leesaktiwiteite deel te neem."
Die hermeneutiek van die geloof
2017-10-25"In hierdie artikel word geargumenteer dat religieuse geloof nie ’n soort kennis is nie maar ’n soort interpretasie van die dinge wat ons ken. Gelowiges kyk na die werklikheid met die oë van die geloof."
Konferensie: Afrikaans in die Noord-Kaap
2017-10-25Die departement Afrikaans & Nederlands aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), in samewerking met die Skool vir Tale aan die Sol Plaatje Universiteit (SPU) in Kimberley, bied van 2 tot 3 November 2017 ’n konferensie aan oor die Noord-Kaapse Afrikaanse streektaal en -letterkundes. Vind hier die konferensieprogram en registrasievorm.
Graad 12-rekordeksamen 2017: vraestelle en memoranda
2017-10-23Hier is gratis eksamenvraestelle en memoranda van 2017 se rekordeksamen om jou te help met hersiening vir die eindeksamen.
Graad 12 Afrikaans: voorgeskrewe letterkunde
2017-10-23Hier is ’n lys van die voorgeskrewe letterkunde vir graad 12 Afrikaans (Huistaal en Eerste Addisionele Taal), met hulpbronne oor die werke of skrywers waar dit beskikbaar is.
Die Orde van die Goue Pen aan Cas Vos toegeken
2017-10-23Die Orde van die Goue Pen van die Afrikaanse Woordkunsakademie is aan Cas Vos toegeken vir sy uitnemende bydrae tot Afrikaans, veral die teologie en digkuns.
Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018
2017-10-23Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die vyfde toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Die beurs beloop R400 000. Aansoeke sluit Vrydag 17 November 2017.
Skryfkompetisie vir skoolleerders: "Ek voel anders as ander mense"
2017-10-20As jy in graad 7 of in die hoërskool is, word jy uitgenooi om vir LitNet se skryfkompetisie in te skryf. Boekpakkies met leesstof vir die Desembervakansie is op die spel. Die tema van die skryfkompetisie is: “Ek voel anders as ander mense”. Inskrywings sluit op Donderdag 30 November 2017.
Profesie in die Hebreeuse Bybel, die vroeë Christendom en eietydse Pinksterkerke: ’n Vraag oor kontinuïteit en diskontinuïteit
2017-10-19"Die meeste klassieke Pinksterkerke beskou profesie as ’n charismatiese woord wat aan God toegeskryf word, as voortsetting van die beoefening van profesie in die Hebreeuse Bybel en die vroeë Christelike kerk, selfs al verskil die gesag daarvan skynbaar."
Persvrystelling: Sanlam WOW Spelfees-finaal
2017-10-17"Met meer as 150 skole en 420 leerders van reg oor Suid-Afrika, beloof die finale ronde van die Sanlam WOW Spelkompetisie vir 2017 groot opwinding – en erge senuwees vir die ma’s en pa’s wat die dag gaan bywoon."
MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat
2017-10-16(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is. Die sluitingsdatum vir aansoeke vir studie in 2018 is 30 Oktober 2017.
Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase
2017-10-11"Die Konstitusionele Hof beslis in Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH) dat okkupeerders ingevolge die Verblyfregwet die reg het om sonder toestemming van die eienaar van die grond of die persoon in beheer daarvan hul huise te verbeter om dit menswaardige huisvesting te maak."
DJ Opperman-gedenklesing 2017: foto's en video's
2017-10-10"Die DJ Opperman-gedenklesing, aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands (US), het op 5 Oktober 2017 plaasgevind. Willie Burger was die spreker en die lesing se onderwerp was 'Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek'. Hier is ’n paar foto's en video's van die geleentheid."
Die vokaalstelsel van Genadendalse Afrikaans: ’n verkenning
2017-10-05"Hierdie artikel is ’n verslag van ’n akoestiese ondersoek na aspekte van die vokaalstelsel van Genadendalse Afrikaans (GA), ’n belangrike variant van Bruin Afrikaans wat in die Wes-Kaap gepraat word."
Kennisgewing: Kortkursusse in die Afrikaanse taal- en letterkunde, Universiteit Stellenbosch
2017-10-05"Sekere modules wat deel vorm van die honneursprogram in Afrikaans en Nederlands kan vanaf 2018 as afsonderlike kortkursusse gevolg word."
Kennisgewing: Honneurs in Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch
2017-10-05"Die honneurs in Afrikaans en Nederlands is ’n graadprogram waarin studente opgelei word om hulle te bekwaam vir ’n beroep in die Afrikaansonderwys of ’n loopbaan wat gevorderde kennis van die Afrikaanse taalkunde of Afrikaanse en/of Nederlandse letterkunde verg."
Heimwee
2017-10-04"Voor ek weet, sit ek in jou grootwordhuis. Dis nou ’n verlate, oorvol stoorkamer, maar die houtmeubels dra nog die reuk van heimwee."
Pos beskikbaar: Bestuurder van PEN Afrikaans
2017-09-28PEN Afrikaans is op soek na ’n nuwe bestuurder. Dit is ’n kontrakpos vir een jaar en die bestuurder kan van die huis af werk teen ’n mededingende salaris.
ATKV-Kopskuif snoer gemeenskappe saam
2017-09-28Die ATKV-Kopskuifprogram strek oor drie jaar en word in gekose distrikte aangebied. Izak de Vries en sy kamera het onlangs twee van hierdie funksies bygewoon.
