Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse
2017-09-27"In hierdie bydrae is die teologiese grondslag van menswaardigheid aangewend om die menswaardigheid van ’n groep bruin staatspensioenarisse binne hul sosio-ekonomiese situasie te help interpreteer."
Pos beskikbaar: Redakteur – Human & Rousseau Fiksie (Kaapstad)
2017-09-27NB-Uitgewers bied ’n uitdagende geleentheid vir ’n ambisieuse en dinamiese persoon wat belangstel in ’n loopbaan in die uitgewerswese.
Kuberklas: Praktiese studiewenke vir ouers, onderwysers én leerders
2017-09-27Dis binnekort die vierde kwartaal. Jerome Joorst deel praktiese wenke vir voorbereiding, hersiening en algemene akademiese oorlewing met ouers, opvoeders en leerders.
Matriekeindeksamen 2017: oorlewingsgids
2017-09-27Die matriekeindeksamen kom nader en LitNet wil matriekleerders help om voorbereid te wees. Hier is die eksamenroosters (IEB ingesluit), notas en vraestelle wat op LitNet beskikbaar is, sowel as skakels na vorige jare se eksamenvraestelle en ander hulpbronne.
Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing
2017-09-22Die Departement Afrikaans en Nederlands (US) bied op 5 Oktober ’n DJ Opperman-gedenklesing aan met die titel "Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek". Willie Burger is die spreker.
Die verlengde program as ’n instrument vir breër toegang tot Suid-Afrikaanse hoër onderwys – ’n besinning oor die ervaring van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat
2017-09-21"’n Verlengde program sal die doel van breër toegang verydel indien dit meer studente maar minder gegradueerdes oplewer."
Uitnodiging: middaguurgesprek
2017-09-21Jy word uitgenooi na die Departement Afrikaans en Nederlands (US) se middaguurgesprek op 28 September: Gedigte by die skilderye van Adriaen Coorte en Jan Mankes, met Sonja Loots en Marlene van Niekerk.
Projekbestuurspos: aansoeke word ingewag
2017-09-20Die Afrikaanse Taalraad (ATR) soek tans ’n dinamiese en veelsydige projekbestuurder. Aansoeke sluit om 17:00 op Vrydag 29 September 2017. Hier is nog inligting oor die pos.
Die navigasiepraktyke van leerders uit arm, landelike gebiede
2017-09-20"Swak akademiese prestasie deur leerders uit arm, landelike gebiede, tesame met berigte in die populêre media, posisioneer dikwels sodanige leerders as onbevoeg in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel. Agter hierdie veralgemening skuil egter ’n grootliks onverkende wêreld."
N.P. Van Wyk Louw deur die oë van Adam Small
2017-09-19"Die soort mens wat Small uit sy omgang met Louw abstraheer, is ’n mens van die intellek wat hom bo die waardes van die massa bevind. Hiervan is sy filosofiese waardering van Nietzsche en sy poëtiese identifikasie met Louw sprekende voorbeelde."
Superspellers op ’n slimfoon
2017-09-13"Tieners lees en skryf deesdae toenemend meer, veral met die koms van sosiale media. Hulle dink dalk nie daaraan dat hulle spel(on)vermoë aan die groot klok gehang word, vir die hele wêreld om te sien, nie."
“’n Postkoloniale Umweltkas”: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar
2017-09-12"In hierdie artikel word daar ondersoek ingestel na die vraag of daar in die geval van Afrikaanse digters en ’n lokaal-geplaaste minderheidstaal soos Afrikaans gepraat kan word van ’n transnasionale poëtika."
’n Evaluering van opvoedermoreel in skole in Wellington
2017-09-11"Indien opgeleide en professionele opvoeders by die ontwerp van nuwe kurrikula betrek word, is hulle in staat om waardevolle bydraes en insette te lewer. Deurdat kundige opvoeders betrokke is by die evaluering- en disseminasiefase, kan dit dien as motivering vir opvoeders as vennote in kurrikulumontwikkeling."
Uitnodiging: TT Cloete-huldigingslesing
2017-09-11Die Skool vir Tale van die Noordwes-Universiteit bied op 20 September ’n TT Cloete-gedenklesing aan. Marlies Taljard is die spreker. Hier is nog inligting oor die geleentheid.
Agter die maskers
2017-09-11"Is ons, sonder masker of pretensie, dan nie genoeg nie? Hoekom probeer tieners groot wees en ander se drome navolg? Dra grootmense dan nie maar net maskers nie, of kom jy by ’n punt waar jy die masker weggooi?"
Die toepassing op en validering van ’n voorgestelde subnasionale kredietgraderingsmetodologie vir die Departement van Onderwys, met ’n gevallestudie
2017-09-07"Geen Suid-Afrikaanse subnasionale regering (provinsiale regerings en departemente) het tans ’n kredietgradering nie. Hierdie artikel pas ’n voorgestelde metodologie toe om die kwantitatiewe gedeelte van ’n subnasionale kredietgraderingsmetodologie vir die Departement van Onderwys te ontwikkel."
Naklanke van Arnold van Wyk se Poerpasledam vir fluit en klavier
2017-09-07"Poerpasledam lewer nie slegs kommentaar op die verlede nie, en nie net kommentaar omtrent ander persone op ander plekke nie. Poerpasledam staan as verklanking vir dit wat mense doen oor tyd- en plekgrense heen wanneer ons, te midde van ’n brose ekologie, skeppend probeer leef."
Graad 4-wiskundevraestel: derde kwartaal
2017-08-30Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 4-leerders. Die vraestel toets leerders se kennis van volume en kapasiteit, breuke, heelgetalle, 2D-vorms, aansigte en patrone.
Vergifnisonderwys: Is dit (voor)teoreties toereikend begrond?
2017-08-29"Erkenning van diversiteit ook in terme van vergifnis en hoe dit gegee word, maak dit vir almal binne ’n samelewingsverband soos ’n skool moontlik om hulself uit te leef, die sin van die lewe na te streef soos hulle dit verstaan en op dié manier waarde by te dra in en tot die mensdom."
Graad 5-wiskundevraestel: derde kwartaal
2017-08-28Hier is ’n gratis wiskundevraestel en memorandum vir graad 5-leerders. Die vraestel toets leerders se kennis van heelgetalle, breuke, massa, faktore, temperatuur, 2D-vorms, transformasies en vermenigvuldiging.
