Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Graad 12 Afrikaans: voorgeskrewe letterkunde
2017-10-23Hier is ’n lys van die voorgeskrewe letterkunde vir graad 12 Afrikaans (Huistaal en Eerste Addisionele Taal), met hulpbronne oor die werke of skrywers waar dit beskikbaar is.
Die Orde van die Goue Pen aan Cas Vos toegeken
2017-10-23Die Orde van die Goue Pen van die Afrikaanse Woordkunsakademie is aan Cas Vos toegeken vir sy uitnemende bydrae tot Afrikaans, veral die teologie en digkuns.
Jan Rabie & Marjorie Wallace Skrywersbeurs 2018
2017-10-23Die Universiteit van Wes-Kaapland kondig graag aan dat aansoeke ingewag word vir die vyfde toekenning van die Jan Rabie & Marjorie Wallace-beurs. Die beurs beloop R400 000. Aansoeke sluit Vrydag 17 November 2017.
Skryfkompetisie vir skoolleerders: "Ek voel anders as ander mense"
2017-10-20As jy in graad 7 of in die hoërskool is, word jy uitgenooi om vir LitNet se skryfkompetisie in te skryf. Boekpakkies met leesstof vir die Desembervakansie is op die spel. Die tema van die skryfkompetisie is: “Ek voel anders as ander mense”. Inskrywings sluit op Donderdag 30 November 2017.
Profesie in die Hebreeuse Bybel, die vroeë Christendom en eietydse Pinksterkerke: ’n Vraag oor kontinuïteit en diskontinuïteit
2017-10-19"Die meeste klassieke Pinksterkerke beskou profesie as ’n charismatiese woord wat aan God toegeskryf word, as voortsetting van die beoefening van profesie in die Hebreeuse Bybel en die vroeë Christelike kerk, selfs al verskil die gesag daarvan skynbaar."
Persvrystelling: Sanlam WOW Spelfees-finaal
2017-10-17"Met meer as 150 skole en 420 leerders van reg oor Suid-Afrika, beloof die finale ronde van die Sanlam WOW Spelkompetisie vir 2017 groot opwinding – en erge senuwees vir die ma’s en pa’s wat die dag gaan bywoon."
MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat
2017-10-16(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler? Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is. Die sluitingsdatum vir aansoeke vir studie in 2018 is 30 Oktober 2017.
Vonnisbespreking: Sosiale regte en private pligte – huisvesting op plase
2017-10-11"Die Konstitusionele Hof beslis in Daniels v Scribante 2017 8 BCLR 949 (KH) dat okkupeerders ingevolge die Verblyfregwet die reg het om sonder toestemming van die eienaar van die grond of die persoon in beheer daarvan hul huise te verbeter om dit menswaardige huisvesting te maak."
DJ Opperman-gedenklesing 2017: foto's en video's
2017-10-10"Die DJ Opperman-gedenklesing, aangebied deur die Departement Afrikaans en Nederlands (US), het op 5 Oktober 2017 plaasgevind. Willie Burger was die spreker en die lesing se onderwerp was 'Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek'. Hier is ’n paar foto's en video's van die geleentheid."
Die vokaalstelsel van Genadendalse Afrikaans: ’n verkenning
2017-10-05"Hierdie artikel is ’n verslag van ’n akoestiese ondersoek na aspekte van die vokaalstelsel van Genadendalse Afrikaans (GA), ’n belangrike variant van Bruin Afrikaans wat in die Wes-Kaap gepraat word."
Kennisgewing: Kortkursusse in die Afrikaanse taal- en letterkunde, Universiteit Stellenbosch
2017-10-05"Sekere modules wat deel vorm van die honneursprogram in Afrikaans en Nederlands kan vanaf 2018 as afsonderlike kortkursusse gevolg word."
Kennisgewing: Honneurs in Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch
2017-10-05"Die honneurs in Afrikaans en Nederlands is ’n graadprogram waarin studente opgelei word om hulle te bekwaam vir ’n beroep in die Afrikaansonderwys of ’n loopbaan wat gevorderde kennis van die Afrikaanse taalkunde of Afrikaanse en/of Nederlandse letterkunde verg."
Heimwee
2017-10-04"Voor ek weet, sit ek in jou grootwordhuis. Dis nou ’n verlate, oorvol stoorkamer, maar die houtmeubels dra nog die reuk van heimwee."
Pos beskikbaar: Bestuurder van PEN Afrikaans
2017-09-28PEN Afrikaans is op soek na ’n nuwe bestuurder. Dit is ’n kontrakpos vir een jaar en die bestuurder kan van die huis af werk teen ’n mededingende salaris.
ATKV-Kopskuif snoer gemeenskappe saam
2017-09-28Die ATKV-Kopskuifprogram strek oor drie jaar en word in gekose distrikte aangebied. Izak de Vries en sy kamera het onlangs twee van hierdie funksies bygewoon.
Die skending van die menswaardigheid van ouer bruin staatspensioenarisse
2017-09-27"In hierdie bydrae is die teologiese grondslag van menswaardigheid aangewend om die menswaardigheid van ’n groep bruin staatspensioenarisse binne hul sosio-ekonomiese situasie te help interpreteer."
Pos beskikbaar: Redakteur – Human & Rousseau Fiksie (Kaapstad)
2017-09-27NB-Uitgewers bied ’n uitdagende geleentheid vir ’n ambisieuse en dinamiese persoon wat belangstel in ’n loopbaan in die uitgewerswese.
Kuberklas: Praktiese studiewenke vir ouers, onderwysers én leerders
2017-09-27Dis binnekort die vierde kwartaal. Jerome Joorst deel praktiese wenke vir voorbereiding, hersiening en algemene akademiese oorlewing met ouers, opvoeders en leerders.
Matriekeindeksamen 2017: oorlewingsgids
2017-09-27Die matriekeindeksamen kom nader en LitNet wil matriekleerders help om voorbereid te wees. Hier is die eksamenroosters (IEB ingesluit), notas en vraestelle wat op LitNet beskikbaar is, sowel as skakels na vorige jare se eksamenvraestelle en ander hulpbronne.
Uitnodiging: DJ Opperman-gedenklesing
2017-09-22Die Departement Afrikaans en Nederlands (US) bied op 5 Oktober ’n DJ Opperman-gedenklesing aan met die titel "Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek". Willie Burger is die spreker.
